MEDSHIELD voer aan jy het die gemoedsrus van omvattende gesondheidsorg nodig, net soos jou hande duime nodig het om ten volle te werk. Reg of verkeerd? Dink eers mooi na oor die antwoord. Te veel mense dink verkeerdelik: Ek sal nooit iets oorkom nie.

Tot iets gebeur.

Omvattende gesondheidsorgversekering verskil nie veel van lewensversekering nie. Ja, mediesefondspremies kan hemelhoog wees, maar omvattende gesondheidsorgversekering bespaar jou dalk ’n fortuin op die lange duur en blyk dikwels veel goedkoper te wees as geen mediese dekking.

Party chroniese mediese toestande vereis behandeling wat so duur is, net skatryk mense kan dit uit hul eie sak betaal. Let gerus ook daarop dat jy sonder ’n mediese fonds waarskynlik verplig sal wees om swak mediese diens en behandeling te verduur. Ons weet mos Suid-Afrika se provinsiale hospitale onder staatsbestuur is hopeloos oorvol en ervaar kwaai personeeltekorte.

Mediese toestande wat beroeps- en/of hospitaalsorg verg, gebeur dikwels onverwags. Wat jy dan veral nie wil hê nie, is dat jy diep in die skuld beland en nie jou mediese rekeninge kan bekostig nie. Dan is die onkoste wat jy as polishouer bespaar, deur en deur die koste van jou mediesefondspremie werd. Die probleem is dikwels dat mense wat nie mediesefondsdekking het nie, minder geneig is om ’n dokter te besoek wanneer hulle begin siek voel. Eindelik word hulle verplig om mediese behandeling te kry wanneer die toestand te ernstig is om sommer by die huis te behandel. Hulle betaal veel meer vir die daaropvolgende sorg as wat dit sou gekos het om uit die staanspoor dokter toe te gaan. Hoe gouer, hoe beter, is altyd die beste benadering; en dit sou redelik wees om te sê wanneer jou gesondheid op die spel is, moet die gesegde voorsorg voorkom nasorg jou riglyn wees.

MEDSHIELD bied ’n verskeidenheid voordeelopsies wat vir die meeste begrotings voorsiening maak – en as ’n geregistreerde en gerespekteerde diensverskaffer bied die onderneming alles van die mees basiese tot volle, omvattende dekking. Polishouers kan kies om net hulleself te dek of om hul eggenoot, lewensmaat of gesinslede in te sluit. Daar is ook keuses met betrekking tot die soorte mediese toestande wat gedek sal word en wat jy verkies die omvang van sulke dekking moet wees.

Bewys jou – en jou gesondheid – ’n guns en raak bewus van wat jy nodig het en wat beskikbaar is. Ruim tyd in om seker te maak jy verstaan wat gedek word en wat nie. Vra as jy onseker is – daar sal altyd ’n verteenwoordiger wees wat bereid is om jou vrae te beantwoord en die besonderhede vir jou te verduidelik. Moenie wag tot dit te laat is nie – nader MEDSHIELD sommer vandag nog.