Albei is bekend vir die skep van opbeurende, aansteeklik vrolike musiek. Die een ’n Grammy-benoemde Kanadese opnamekunstenaar; die ander ’n onkonvensionele folksanger bekend daarvoor dat hy verskeie instrumente by sy mengsel van folk en elektronika insluit.

Hilltop Live, 947 en MTV is opgewonde om bekend te maak die eerste kunstenaar wat tydens Carly Rae Jepsen se konsertreeks in SA met haar die verhoog sal deel, is Matthew Mole.

Matthew Mole sowel as Carly Rae Jepson het bekende name geword danksy musiek-kompetisies. Matthew Mole het die jaarlikse Get Out of the Garage Competition gewen.

Hy meng akoestiese kitaar, banjo’s, tromme, ukuleles en verskeie slaginstrumente op snitte soos Chapel, Take Yours, I’ll Take Mine en The Wedding Song.

Nes Carly Rae Jepson is Matthew Mole al vir verskeie pryse benoem, onder meer vir beste popalbum en beste manlike kunstenaar van die jaar by die Suid-Afrikaanse Musiekpryse.

Matthew Mole sal by die Grammy-benoemde platinumstatus-opnamekunstenaar Carly Rae Jepsen aansluit vir albei skofte van haar Suid-Afrikaanse toer.

Toerbesonderhede:

21 Oktober: Kaapstad

  • Grand Arena, GrandWest
  • Kaartjies vanaf R450
  • ALLE OUDERDOMME

24 Oktober: Pretoria

  • Monument-amfiteater, Pretoria
  • Kaartjies R375
  • ALLE OUDERDOMME

Uit erkenning dat opvoeding een van die belangrikste boublokke van enige gemeenskap is, het die Carly Rae Jepsen-span besluit om ’n gedeelte van elke kaartjie wat verkoop word aan 'n skool van jou keuse te skenk.

Hoe werk dit?

  • Koop jou kaartjies vir Kaapstad of Pretoria.
  • Terwyl jy jou transaksie voltooi, sal jy gevra word om 'n skool van jou keuse te nomineer en om ’n kontaknommer vir die skool te verskaf.
  • Vir elke suksesvolle transaksie sal Hilltop Live R75 skenk aan die skool wat jy benoem het.

Kry dus jou klasmaats, die ander ouers en jou gemeenskap bymekaar en kyk wie die meeste geld vir hul skool kan maak!

Vir nog inligting, besoek www.hilltoplive.co.za of www.carlyraejepsensa.co.za.