PROMOSIE

Verlustig jouself in hierdie karringmelkbrood bedek met ui, fetakaas, Corn Flakes en Special K.

kelloggs promo
Hoofbestanddele van Kellogg’s: Kellogg’s Corn Flakes en Kellogg’s Special K LEWER 1 BROOD

500 g bruismeel

knippie sout

125 ml (½ k) elk Kellogg’s Corn Flakes en Kellogg’s Special K

500 ml (2 k) karringmelk

1 rooi-ui, gehalveer en in ringe gesny

1 wiel fetakaas in stukke gebreek ekstra Corn Flakes en Special K seesoutvlokkies en vars gemaalde swartpeper

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n 20 cm-losboompan met botter.
  2. Meng die bruismeel, sout en ontbytgraan saam.
  3. Voeg die karringmelk by en meng tot ’n deeg vorm wat sag is maar nie loperig nie. Skep in die bereide pan.
  4. Rangskik die ui en kaas bo-op, strooi ekstra ontbytgraan oor en geur met die sout en vars gemaalde peper.
  5. Bak sowat 1 uur tot gaar.
  6. Sit voor saam met pesto en ekstra fetakaas of botter.

Soek jy na nog lipleklekker-resepte soos hierdie een? Gaan loer by Kellogg's se Shake Up Your Wake Up-webwerf

Het jy ’n resep wat jy graag wil deel? Skryf nou in en staan ’n kans om weekliks koopbewyse van R1 000 te wen!