PROMOSIE

As jy iets spesiaals wil doen vir jou gesin, is ’n ontbyt ’n goeie manier om vir hulle te wys hoeveel jy vir hulle omgee. Jy hoef nie douvoordag op te staan en ure in die kombuis deur te bring om iets uitsonderliks te skep nie.

kelloggs promo

Met Kellogg’s se heerlike mini-quiche resep, kan jy jou geliefdes op iets smaakliks trakteer vir ontbyt of teetyd of enige tyd van die dag. Dit is jou keuse, want hierdie voedsame happies is heeldag lekker. Maak ontbyt splinternuut met heerlike resepte en voorsitvoorstelle. Daar is baie maniere om jou dag met Kellogg’s groot te begin. Hoe maak jy seker daar is lekkerkry in jou wakkerkry? Hoe laat jy jou ontbyttafel anders lyk? Laai jou resep op by shakeupyourwakeup.co.za en kry ander Kellogg’s-liefhebbers se resepte. Van Mei tot November gaan vier resepte elke maand beloon word met koopbewyse van R1 000 wat by enige winkel ingespan kan word! MINI-QUICHES

*Let wel die verskafte video is vir ’n groot quiche, maar die resep bly dieselfde vir mini-quiches.

LEWER 12 MINI-QUICHES

Bestanddele

BASIESE KRUMMELMENGSEL

100 g elk Special K, Rice Krispies en Corn Flakes

200 g koekmeel

250 g yskoue botter, in blokkies gesny

1 eiergeel

sowat 250 ml (1 k) yskoue water

ROOMMENGSEL

250 ml (1 k) romerige jogurt

2 eiers

1 eiergeel

sout en vars gemaalde peper na smaak

250 ml (1 k) gerasperde mozzarella

VULSEL

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

8 murgpampoentjies, in skyfies gesny

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat met olyfolie.

METODE

  1. Basiese krummelmengsel: Gooi die ontbytpappe in ’n voedselverwerker. Verwerk tot ’n fyn meel en voeg die koekmeel by. Voeg die botter by en verwerk tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die eiergeel en die helfte van die water by en meng tot ’n stywe deeg om die lem vorm (voeg nog water by, indien nodig). Skep uit die voedselverwerker, vorm in ’n rol met ’n dikte van sowat 5 cm, bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min. Sny die rol in skywe van 3 mm en druk in middelslag-panne of in die holtes van ’n muffinpan. Verkoel 30 min. en prik die bodems met ’n vurk. Plaas ’n stuk tinfoelie of waspapier in elke pan, vul met droë bone en bak sowat 15 min. tot gaar, maar nie goudkleurig nie. Hou eenkant.
  2. Roommengsel: Klop al die bestanddele saam tot goed gemeng. Hou eenkant.
  3. Vulsel: Versprei die rooi soetrissieblokkies en murgpampoentjieskyfies op die gesmeerde bakplaat. Bedruip met die olyfolie en geur met die sout en peper na smaak. Rooster 15 min. in die oond.
  4. Verdeel die rooi soetrissie en murgpampoentjies tussen die mini-quiche-basisse. Skep die roommengsel bo-oor die vulsel. Bak 15 min. of tot die roommengsel gestol het.