Huisgenoot nooi lesers om eersdaags deel te neem aan die Groot Afrikaanse Meningsopname.

Jy kan deel wees van die landwye paneel van Afrikaanssprekendes wie se opinies oor alles van die politiek en diskriminasie tot moedertaalonderrig en misdaad gevra gaan word. Hou die koerante dop, want meer volledige besonderhede verskyn vroeg in April.

As jy intussen vir die paneel oorweeg wil word, gaan dadelik na Forum24 en registreer. Dis vinnig, maklik en gratis, en jou privaatheid word nooit geskend nie.

Uitnodigings om aan die meningsopname deel te neem sal daarna aan Forum24-lede gestuur word. Deelnemers kwalifiseer dan vir ’n kontantprys sowel as aansporingspryse, soos lugtyd, ter waarde van meer as R16 000.