?????

Die grootste name in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiekbedryf sal op die planke wees. Bring ’n piekniekmandjie of koop daar kos, drankies en peuselhappies by die kostrokke terwyl jy op piekniekkomberse of kampstoele ontspan en na  Theuns Jordaan, Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke en Valiant Swart luister.

Brendan Peyper, die blinknuwe ster op die Suid-Afrikaanse musiektoneel, gaan ook daar wees en Johannesburg se gunsteling, Majozi, gaan liedjies van sy pas uitgereikte debuutalbum sing.

Boonop gaan BlackByrd, wat al sewe keer vir ’n Suid-Afrikaanse musiekprys benoem is, ook die skare met hul sonderlinge musiek vermaak. Met soveel talent op die verhoog beloof die dag om in almal se smaak te val.

[post-slider]

Kaartjiepryse begin by R160.

Klik hier om kaartjies te koop. Volg Liefde by die Dam op Facebook en Instagram, sluit aan by die Facebook-geleentheidblad en twiet saam op Twitter.

Hierdie Jakaranda FM-musiekervaring word aangebied deur Huisgenoot, kykNET en TicketPro.