voorblad

Dis ons Huisgenoot-Kortverhale-tydskrif wat nou op winkelrakke is asook aanlyn.

Onder die 34 verhale is een ekstralange deur Deon Meyer, Die Derde Laai, wat tevore as ’n vervolgverhaal in Huisgenoot verskyn het. Die ander stories is ook uit die pen van skrywers wat al geliefd geword het by ons lesers, soos Riana Scheepers, Rachelle Greeff, Deborah Steinmair en Helene de Kock.

Die tydskrif is die oulikste formaat – dit sal perfek pas op jou bedkassie, in jou handsak en is natuurlike die perfekte geskenk vir jou boekwurmvriende. Koop sommer nou ‘n paar en bêre dit vir Kersfees.

Huisgenoot Kortverhale kos R60 by groot supermarkte landwyd. As jy dit nie in die hande kry nie, bel Johan Terblanche by 021-406-4962 of stuur ’n e-pos na koop@huisgenoot.com.

Jy kan die bundel ook by hier by Huisgenoot se aanlynwinkel aanskaf.