Vir onnies is eksamentyd nie net 'n tyd van merk en punte toeken nie, maar ook 'n tyd vir lekker lag oor al die snaaksighede wat kinders, veral in hul taalvraestelle, kwytraak.

Vir een is die manlike vorm van 'n weduwee dalk 'n skaduwee. Vir 'n ander is die vroulik van 'n graaf 'n vurk! En die goeie Afrikaanse woord vir 'n "traffic jam" is verkeerkonfyt, terwyl die verlede tyd van "eet" op 'n vraestel as "honger" aangedui is :-)

Hier is 'n paar eksamenflaters wat 'n glimlag op jou gesig sal sit.

Eksamenflater

Ha-ha. Probeer eerder die Filippyne!

Eksamenflaters

Dink die Egiptenare het eerder in hiërogliewe geskryf!

Eksamenflaters

Diskus dalk? :-)

Eksamenflater

AFRIKAANS.COM - WAAR LEER LEKKER IS!

Keer eksamenflaters met Afrikaans.com se nuttige Lekker leer-afdelingJy sal 'n volledige lys selfhelpkursusse, kompetisies en slypskole vind wat jou kan help om op skool te skitter. En kom gesels ook hier oor dit wat leer lekker maak.

Afrikaans.com beklemtoon ook die belangrikheid van Moedertaalonderrig — onderrig in daardie taal wat jy eerste aangeleer het, die beste verstaan, die meeste gebruik en waarin jy jou die beste kan uitdruk.

Vir taalpret in Afrikaans, gaan na hul Triviablad.

Raai ook hierdie woord raak wat deur Kobus Galloway geïllustreer is en jy kan WEN op Afrikaans.com!

  • Addisionele bronne: Mieliestronk, Onnie online, Triviasa