Showmax, die internet-TV-diens met die grootste biblioteek in Afrika, maksimaliseer reekse en flieks aanlyn. Met internet-TV benodig jy net ’n internetverbinding en die regte toestel, soos ’n slimfoon, skootrekenaar of slim-TV. Dan kry jy onmiddellik toegang tot duisende TV-reekse op aanvraag – wanneer dit jou pas en sonder advertensies! 

Dit werk op dieselfde manier as musiekstroomdienste soos Apple Music of Deezer. Pleks van individuele flieks of musiekalbums koop, gee jou maandelikse intekening jou toegang tot ’n reusebiblioteek van inhoud wat jy oor die internet kan stroom of kan aflaai en van lyn af kan kyk.

Maar is dit nie beter om jou in grootskermglorie aan geliefkoosde reekse soos Binnelanders, Die Boekklub en Grey’s Anatomy of Nashville te vergryp nie? Om op jou TV toegang te kry tot die ShowMax-diens, is baie makliker as wat jy dink. Trouens, dit neem langer om ’n koppie koffie te maak as om jou Showmax-rekening op te stel en jou TV te verbind.

Teken by showmax.com GRATIS in vir ’n proeftydperk van 14 dae en gee Showmax ’n kans. As jy nie tevrede is nie, kanselleer jou rekening sonder dat dit jou ’n sent kos. As jy daarvan hou, hou aan kyk teen net R99 per maand. Daar is elke paar dae nuwe inhoud; daarom sal jou vermaak nooit opraak nie.

Volg hierdie vier stappe om in teken en jou rekening op te stel. Alles van Vallei van Sluiers en Arende tot Egoli, Friends en Desperate Housewives en meer as 25 000 flieks, reeksepisodes en dokumentêre programme is in die Showmax-katalogus beskikbaar om oor en oor te kyk. En die beste van alles? Jy hoef jou rusbank nooit te verlaat nie!

Hoe om op Showmax in te teken

  1. Gaan na showmax.com op jou rekenaar, slimfoon of tablet.
  2. Klik op “Try it free for 14 days”.
  3. Neem jou GRATIS voorlopige intekening uit. Jy het ’n geldige e-posadres en wagwoord nodig.
  4. Kies hoe jy wil betaal. Daar is sewe opsies, onder meer geskenkbewyse

Let wel: Om jou gratis voorlopige intekening op te eis, sal jy gevra word om jou tjek- of kredietkaartbesonderhede in te vul. Nie ’n sent sal van jou rekening verhaal word tydens die GRATIS 14 dae lange proefintekening nie. As jy jou intekening gedurende hierdie tyd kanselleer, word jou rekeninginligting uitgevee.

As jy jou Showmax-rekening ná die GRATIS 14 dae lange proeflopie wil behou, sal jou rekening gedebiteer word en hoef jy nie weer jou besonderhede in te voer nie. Dis veilig; daarom hoef jy nie angstig te voel om hierdie inligting op die Showmax-intekenbladsy te verstrek nie. En ons kan jou verseker elke moontlike maatreël is ingestel om jou inligting privaat te hou.

Dis op die proef gestel deur mense in die kantoor en ons ouers en vriende. Neem kennis: Jy kon met vir die gratis 14 dae lange proefintekening in aanmerking as jy met ’n tjek, kredietkaart of deur PayPal betaal. As jy met ’n geskenkbewys of op enige ander manier wil betaal, kwalifiseer jy nie vir die gratis 14 dae lange proefintekening nie.

Hoe om Showmax op jou TV op te stel 

Videostroom-mediatoestelle

Mediatoestelle wat inhoud kan stroom, soos Apple-TV’s en Chromecast-toestelle, verander jou gewone TV in ’n slim-TV. Slim-TV’s verbind regstreeks met die internet. As jy nie een het nie en jy wil op ’n gewone TV na Showmax kyk, het jy óf ’n Apple-TV óf ’n Chromecast-toestel nodig om jou TV met die internet te verbind.

Dit klink ingewikkeld om op te stel, maar is eintlik glad nie.

Al wat jy moet doen as jy die nuutste Apple-TV-toestel het (bekend as vierde generasie), is om dit by jou TV in te prop, jou Wi-Fi te verbind en dan die Showmax-app van die App Store af te laai. Teken aan op jou Showmax-rekening en begin kyk! Die program sal outomaties na jou TV-skerm stroom.
 
As jy ’n ouer Apple-TV of Chromecast-toestel het, gaan jy jou slimfoon ook moet inspan. Prop eers die toestel by jou TV in en verbind aan Wi-Fi. Kry dan die Showmax-app op jou slimfoon en teken in op jou rekening. Laat jou Apple-slimfoon met AirPlay (vir Apple-TV’s) verbind of jou Android-slimfoon met Google Cast (vir Chromecast). Spoor die program op wat jy wil kyk, en druk Play. Dit sal dan op jou TV-skerm speel.
 
Lees meer oor mediatoestelle wat kan stroom op die Showmax-blog.

Slim-TV’s 

Slim-TV’s kan met die internet verbind. Verbind jou TV aan jou Wi-Fi. Laai die Showmax-app van die App Store af. Teken aan en begin kyk.

DStv Explora

Verbind jou Explora aan jou Wi-Fi en druk die blou “DStv”-knoppie. Klik op “Watch Now” en dan op “Showmax”. Meld aan en kyk. Nie seker hoe om jou Explora aan die internet te verbind nie?

Klik hier om te sien hoe jy dit doen.

Dis so eenvoudig. Teen hierdie tyd het die ketel gekook, en jy’s gereed om te begin kyk! 

Wil jy knus in die bed lê met Showmax op jou tablet?

Onthou: Jy kan deur enige Wi-Fi-verbinding tot 25 reekse en flieks op ’n slag op jou slimfoon of tablet aflaai en dit tot 30 dae lank bêre. Nadat jy “Play” gedruk het op enige program, moet jy dit binne 48 uur kyk of weer van voor af aflaai.
 
Kyk video vir ’n maklike demonstrasie: