Van wispelturig tot nuuskierig, so vertel die sterre van die gewilde sepie Suidooster wat hul gunsteling-Afrikaanse woord is en wat dié taal vir hulle beteken.

Jou Afrikaans is dalk skraps, maar tog is daar iets in die taal wat jou roer. Dalk hou jy van die voetstamp-ritme van Afrikaanse musiek, of die lekker kuier by Afrikaanse kunstefeeste. Dalk herinner die taal jou aan ’n plattelandse stofstraat.

Wat van Afrikaans laat jou hart vinniger klop? Hoe lyk jou gunsteling-Afrikaanse woord? Wat beteken die taal vir jou?

Afrikaans.com is ’n wegspringplek vir alles Afrikaans. Dis ’n plek waar jy jou wortels kan vind, jouself kan uitleef en uitdruk.

Almal se Afrikaans lyk anders. Ons leef, praat en ervaar Afrikaans verskillend. Op Afrikaans.com kan jy self ’n bietjie kom spog, inspireer of verras.

Neem deel aan die gesprek en skryf in vir die kompetisie en jy kan WEN!

Gaan loer hier vir meer inligting en om te sien hoe JY kan inskryf.

Sosiale Veldtog Afrikaans logo gebruik 800x800[3] - Copy

Besoek Afrikaans.com en kom gesels saam!