Kyk wat gebeur wanneer ons Suid-Afrikaners vra om hul gunsteling-Afrikaanse woord te deel:

Jou Afrikaans is dalk skraps, maar tog is daar iets in die taal wat jou roer. Dalk hou jy van die voetstamp-ritme van Afrikaanse musiek, of die lekker kuier by Afrikaanse kunstefeeste. Dalk herinner die taal jou aan ’n plattelandse stofstraat.

Wat van Afrikaans laat jou hart vinniger klop? Hoe lyk jou gunsteling-Afrikaanse woord?

Afrikaans.com is ’n wegspringplek vir alles Afrikaans. Dis ’n plek waar jy jou wortels kan vind, jouself kan uitleef en uitdruk.

Almal se Afrikaans lyk anders. Ons leef, praat en ervaar Afrikaans verskillend. Op Afrikaans.com kan jy self ’n bietjie kom spog, inspireer of verras.

Neem deel aan die gesprek en skryf in vir die kompetisie en jy kan WEN!

Gaan loer hier vir meer inligting en om te sien hoe JY kan inskryf.

Sosiale Veldtog Afrikaans logo gebruik 800x800[3] - Copy

Besoek Afrikaans.com en kom gesels saam!