PROMOSIE

Daar is ’n paar goed waarsonder jy nie kan reis nie: jou paspoort, Forex, bagasie en ’n Apple Watch.

Watch_Hero_3-Up-PRINT
Dié slimhorlosie sal jou met nuwe oë laat kyk na hoe jy reis, want dit sal jou laat weet as jou vlug vertraag is of jou instaphek verander, jou by ’n vreemde bestemming stap-vir-stap-aanwysings gee en selfs jou hotelkamer oopsluit. Jy sal wonder hoe jy ooit daarsonder met vakansie gegaan het!

Jy sal dol wees daaroor, want met Apple Watch kan jy:

  • musiek luister terwyl jy uit en aan die gang is. Jy het toegang tot jou iTunes-biblioteek en kan na iTunes Radio ook luister. Boonop kan jy alles met die kontrolefunksie beheer.
  • jou gunsteling-apps gebruik wat spesiaal ontwikkel is vir jou hardwerkende slimhorlosie, soos Uber, Maps, Shazam, die weer en vele bank- en lugredery-opsies.
  • Siri altyd by jou hê – met die horlosie se mikrofoon kan jy vir Siri teks dikteer of reisvrae vra.
  • kies uit ’n verskeidenheid horlosies. Eerstens, moet jy Sport, Watch of Edition kies. Dan moet jy besluit watter kleur die gesig (of “Case”, soos Apple dit noem) moet wees. Daar is vlekvrye staal, roosgoud, ruimtegrys, goud, swart en silwer en genoeg bandjies om enige gemoed te pas, waar jy ook al reis. Jy kan jou horlosie se styl verander met sport-, staal, nylon- of Hermes-styl-bandjies.

Apps waarvan jy sal hou:

Om jou weg maklik te vind, met direkte skakels na TripAdvisor en booking.com: Apple Maps, gratis.

Vir gerieflike en betroubare vervoer: Uber, gratis.

Vir vertalings van stemme, woorde en uitdrukkings: IHG Translator, gratis.

Vir die jongste weerberigte: AccuWeather, gratis.

(Hierdie apps is spesiaal ontwikkel vir die Apple Watch om die ervaring en bruikbaarheid aan te vul. Jy kan hulle soek en met die Apple Watch-app aflaai.)

Watch_Apps_3-Up-PRINT

Waar om te koop:

Apple Watch is beskikbaar by iStore, die tuiste van alles Apple in Suid-Afrika. Jy kan dit ook aanlyn aanskaf.

iStore bied die ware Apple-ervaring en eksklusiewe dienste, soos komplementêre opleiding en tegniese hulp in die winkel.

Jy kan na enige winkel gaan en ’n Apple Watch aanpas om te sien watter een jou gemoedstemming en styl pas, sonder enige koopverpligting.

iStore het ook ’n wye verskeidenheid toebehore vir die Apple Watch en vele meer, asook kontrakte vir alle selfoonnetwerke, ’n verlengde tweejaarwaarborg en skadebeskermingsopsie met iCare Plus.