Met Showmax is daar meer as 25 000 programme en flieks wat die kleinspan – en die gesin – besig kan hou.

Maar hoe gemaak as jy nie internettoegang tuis het nie? Geen rede tot kommer nie – met Showmax kan jy tot 25 verskillende titels en episodes op ’n slag op een van jou toestelle (selfoon of tablet) met ’n WiFi-konneksie aflaai.

Ons het die beste uit die reuse-verskeidenheid gekies om dinge vir jou nog makliker te maak. Laai dit sommer nou af en hou hulle besig terwyl die gesin gaan uiteet, of kyk dit saam met die kroos en help hulle om die lesse te verstaan wat in die verhale opgesluit lê.


TWEE- TOT VYFJARIGES

Peppa Pig: Kleine Peppa verken saam haar broer George, Mamma Pig, Pappa Pig en ouma hul wêreld met entoesiasme en vele snorkgeluide. 

Dora The Explorer: Dora gaan op verskeie avonture reg oor die wêreld waar sy nuwe tale aanleer en vriende maak met diere. 

Paw Patrol: Ses reddingshondjies, gelei deur die seun Ryder, vaar die wêreld in op aksiebelaaide sendings. 


SES- TOT TWAALFJARIGES

Care Bears: Dis goed om jou vriende te help. En in Care Bears reis die bere op hul wolke af na die aarde om kinders met hul probleme te help.

Disney Collection: Vyf ikoniese Disney-kinderreekse – The Little Mermaid, Lilio & Stitch, 101 Dalmations, The Lion King’s Tim & Pumbaa, en Aladdin – is deel van dié versameling waarvan die kleingoed nie genoeg kan kry nie.

My Little Pony: Friendship Is Magic: Die ponie Twilight Sprakle ontmoet vyf nuwe ponies wat haar leer watter krag daar in vriendskap lê.

 

AGT- TOT TWAALFJARIGES

Kung Fu Panda: Legend Of Awesomeness: Die oorgewig panda Po leer om ’n kryger te word terwyl die res van sy maats die Furious Five help om die vallei teen hul vyande te beskerm. 

Transformers: Rescue Bots: Vier Transformer-robotwesens word na die aarde gestuur om die mensdom teen onheil te beskerm. Hulle mag nie gesien word nie en vermom hulself as motorkarre. 

Alisa Knows What To Do: ’n Twaalfjarige meisie leef 100 jaar in die toekoms, en saam met haar vriende verken sy die wêreld van die toekoms en reis deur die ruimte.


AFRIKAANSE KINDERREEKSE

As jy graag jou kleingoed wil bekendstel aan ’n paar ikonies Afrikaanse reekse uit jou kinderjare, het Showmax oorgenoeg.

Pinocchio: Die bejaarde houtwerker Gepetto maak ’n marionetteseuntjie wat lewend word. Min weet Gepetto die kleine Pinocchio gaan ’n handvol raak en wanneer hy jok, sal sy neus groei . . . en groei! 

Nils Holgersson: Die stoute plaasseun Nils wat die plaasdiere tart word in ’n klein dwergie getoor. Saam met ’n trop wildeganse moet hy eers talle waardevolle lesse leer voor hy weer na ’n normale seuntjie kan terugkeer. 

Brakanjan En Die Drie Musketiers: Brakanjan reis saam met sy perd, Rofti, na Parys om ’n musketier te word. 

Heidi: Die weeskind Heidi moet by haar knorrige oupa in sy huisie in die Switserse Alpe gaan bly, waar sy maats maak met die bokwagtertjie Peter.

 

KINDERFLIEKS

Indien jy die jongklomp langer wil besig hou, is daar ’n verskeidenheid kinderflieks waaruit jy kan kies.

Zambezia: Die bekroonde Suid-Afrikaanse animasiefliek gaan oor ’n jong avontuurlustige valk wat die stad wil gaan verken.

Die Barbie Collection: Barbie In The Diamond Castle, Barbie Fairytopia: Mermaidia, en Barbie In The Pink Shoes is maar net ’n paar van die gewilde Barbie-flieks wat op Showmax beskikbaar is.

Gaan na Showmax om uit te vind watter wonderlike kinderreekse beskikbaar is.

Save