Ons ontmoet ’n lewensmaat, ’n vrou of man, kry kinders. Wanneer ’n wederhelfte, lewensmaat en/of kinders se gesondheidsorg jou verantwoordelikheid is, is dit uiters belangrik dat jy die regte mediese fonds vir jou en jou gesin kies.

Daar is soveel meer wat jy moet oorweeg wanneer nie net jou eie lewe op die spel is nie. En wat sake veral ingewikkeld maak, is dat daar soveel beskikbare mediesefondskemas en voordeelopsies is; sommige is heel bekostigbaar en ander peperduur. Kortom, daar is juis so baie verskillende gesondheidsdekkingsopsies sodat dit kan voorsien in alle individuele en gemeenskaplike behoeftes.

In ons moeilike ekonomiese omstandighede moet baie mense noodgedwonge meer bekostigbare mediese polisse kry sodat hulle binne hul beperkte maandelikse begroting kan bly. Sonder internettoegang kan dit moeilik of selfs onmoontlik wees om skemas en polisse te vergelyk sodat jy ’n meer ingeligte keuse kan doen. Gelukkig is daar alternatiewe maniere om die regte dekking vir jou en jou gesin te kry.

Die maklikste en mees voor die hand liggende is om ’n onafhanklike versekeringsmakelaar te raadpleeg. Hulle werk nie vir ’n bepaalde maatskappy of mediese fonds nie en kan jou verteenwoordig wanneer jy ’n polis koop en so verseker jy kry die regte dekking vir jou behoeftes. ’n Makelaar sal jou baie tyd en moeite bespaar.

Die reëls en regulasies waaraan hierdie polisse en verskeie planne onderhewig is, kan uiters verwarrend wees en ’n makelaar sal die moontlikhede en voordele in fyn besonderhede vir jou verduidelik. Makelaars het ook die jongste inligting tot hul beskikking. Dit is hul werk om die versekeringsbedryf te ken en verstaan. Op grond hiervan sal hulle die beste beskikbare opsie vir jou aanbeveel. ’n Goeie makelaar kan jou op die lange duur ’n aardige bedraggie rand bespaar.

As jy nie toegang het tot ’n makelaar nie, moet jy self navorsing doen. Hoewel dit jou sal loon om met maatskappyverteenwoordigers te gesels, is dit uiters belangrik dat jy ander mense vir hul menings en opvattings oor die versekeringsmaatskappy pols. Vra hulle oor die maatskappye se reputasie en dienslewering. Vind uit hoe hul kliëntediens is en hoe lank dit duur voor hulle ’n eis uitbetaal.

Eindelik is watter maatskappy se produk jy kies, ewe belangrik as dat jy die regte gesondheidsorgpolis vir jou en jou gesin kry. Vra gerus soveel vrae as moontlik. Vra ieder en elkeen, ook jou bure en vriende. Jy kan selfs ’n meningspeiling onder vreemdelinge doen wat in ’n tou staan!

Onthou, kennis is mag; hoe meer jy weet, hoe makliker sal jy reg kan kies.

Vir meer inligting besoek; www.medshield.co.za