1_advertorial_600x600 Hulle weet hulle sal eendag dokters, ruimtevaarders en polisiebeamptes word. Danksy KFC Add Hope, ’n welwillendheidsprojek en landwye geldinsameling wat gewy word aan die voeding van Suid-Afrika se kinders, is hulle baie nader aan hul drome. Oktober is die maand vir wêreldhonger en Add Hope sal jou op ’n reis neem uit die oogpunt van die kinders wat hulle voed. Elke dag in Oktober sal Add Hope ’n storie van hoop vertel en wat alles moontlik gemaak kan word deur R2-skenkings wat kinders na hul drome laat reik.

Oktober is die maand vir wêreldhonger en Add Hope sal jou op ’n reis neem uit die oogpunt van die kinders wat hulle voed.

Vir die 31 dae in Oktober sal hierdie spesiale kinders jou wys waarop hulle hoop wanneer hulle groot is, wat moontlik is omdat hulle elke dag toegang het tot ’n voedsame ete wat hulle beter op skool help vaar.

Geen kind kan met ’n leë maag leer nie. Add Hope glo kinders moet kinders wees. Kinders moet by die skool kan leer en met hul maats speel. Daaglikse toegang tot ’n voedsame ete deur Add Hope kan dit vir hulle moontlik maak. Elke keer wanneer jy R2 skenk  by ‘n KFC, verseker jy dat ’n kind ’n voedsame ete kry en sal kan groei en leer, en eindelik hul drome verwesenlik.

Danksy bydraes van franchisehouers en die skenkings van klante het Add Hope in die afgelope ses jaar ’n verbysterende R210 miljoen ingesamel. Dit beteken ons kan elke maand meer as 70 000 kinders voed. Al wat dit kos is R2.

Add Hope kan elke dag by al 750 KFC-winkels landwyd gedoen word en daarmee kan KFC kinders voed deur 90 versigtig uitgesoekte nasionale en plaaslike begunstigdes, wat onvermoeid werk om elke dag aan elke kind hoop te verskaf. Onthou asseblief om by jou naaste KFC-winkel Add Hope te kies, of skenk aanlyn by addhope.co.za.

Volg die reis van hoop soos deur kinders se oë gesien en sien hoe jou R2 meer as net hoop gee. Besoek addhope.co.za/31days om dit te sien.