PROMOSIE

PannevisMAIN

Ja, dis reg, die ou op die foto is Arnoldus Pannevis! Hy is een van die pioniers van Afrikaans en as jy dit reeds weet, beteken dit jy het waarskynlik ’n baie goeie kans om R10 000 te wen.

Maar selfs al het jy dit nie geweet nie, as jy Afrikaans is of Afrikaanse familie het, staan jy steeds ’n kans.

Afrikaans.com gaan oor alles wat Afrikaans is en was en is op soek na Afrikaanse onthougoed. Dis nou goed soos die storieplate van Jakkals en Wolf en Heidi, die Storieman-reeks, of die ou draadloos in jou ouma se huis en die Afrikaanse slaaptydstories wat jy daarop geluister het.

Hoe om in te skryf:

  • Gaan soek die Afrikaanse onthougoed in jou huis – of jou ma of jou ouma se huis – neem ’n foto daarvan en skryf ’n kort motivering daarby.
  • Gaan dan na Afrikaans.com om dit in te skryf. Jy kan dit ook deel op Afrikaans.com se Facebook-blad of Instagram-rekening.
  • Of klik hier om sommer nou in te skryf.

Afrikaans.com is die trotse borg van Die Grootste Genoot. Deelnemers se kennis word met Huisgenoot-triviavrae getoets om die getrouste Huisgenoot-leser aan te wys.

#myafrikaans #onthougoed

Volg die program van 22 Augustus tot 9 September elke weekdag 17:30 op Via, kanaal 147 op DStv. Moet dit nie misloop nie!