My Pretplaas se Bongi, Bella en Bennie gaan vanjaar by Tygervallei Sentrum se Kidz Skouspeel kuier. En hulle nooi jou om ook saam te kom speel!

[post-slider]

Vir die tweede jaar in ’n ry kan jy aansluit by die gasvrou, die Prinses van die Vallei vir `n magiese produksie, wat verseker is om elke kind se fantasie in `n werklikheid te omskep. Nuwe avonture en musiek wag saam met Lollos en Lettie, Tjiff & Tjaff, Liewe Heksie en Tygervallei se eie tiere, Tom en Tina.

Dis ’n naweek propvol pret met drie vertonings in die Tygervallei Sentrum se Arena op Saterdag 21 November om 9 vm, 11:30 vm en 2 nm. Daar is ook nog ’n vertoning op Sondag om 11:30 vm.

Kaartjies kos R80. Kry dit vandag nog by Computicket

Bongi, Bella en Bennie van My Pretplaas, Huisgenoot se splinternuwe prettige, opvoedkundige app, kan nie wag om alle kinders onder 7 jaar ’n bietjie op die app rond te wys nie! Speel die prettige speletjies, lees die storie, sing saam op maat van die liedjies en kyk die video’s terwyl jy uitsien na die vertoning.

Sien jou daar!