PROMOSIE

Hoop is soveel meer as net ’n woord; dit inspireer kinders met lewensbedreigende siektes om te droom.

Die Reach for a Dream-stigting help die drome bewaarheid van kinders tussen drie en 18 jaar oud by wie ernstige siektes gediagnoseer is.

Lede van Reach for a Dream glo kinders kan die krag van drome gebruik om teen hul siekte te stry en doen alles in hul vermoë om die kinders se drome ’n werklikheid te maak. Dit maak nie saak hoe groot of klein die droom is nie – of hulle nou op ’n brandweerwa wil ry, in ’n vliegtuig wil vlieg of selfs net vir die eerste keer strand toe te wil gaan. As ’n kind dit kan droom, sal Reach for a Dream hul bes doen om dit te laat gebeur.

Reach for a Dream bied elke jaar ’n Slipper Day aan om geld in te samel. Jy kan deel word daarvan deur ’n spesiale armband te koop; die koste van omtrent 500 armbande kan een droom ’n werklikheid maak. Koop een, en maak self ’n verskil!

Slipper Day-armbande is teen R10 by alle Wimpy- of Pick n Pay-takke te koop. Dra ook op 12 Mei jou pantoffels om jou steun te wys, en as jy op dié dag jou armband dra, is ’n gratis Famous Regular Wimpy-koffie joune.

Hoe meer steun Reach for a Dream kry, hoe meer kinderlewens kan verander word. Kry vandag nog jou armband en gee ’n kind hoop.

Vir nog inligting, gaan na reachforadream.org.za.

Slipper Day