Jy kan môre dubbel soveel van Checkers se Little Shop 2-miniprodukte kry!

Al wat jy moet doen, is om Vrydag,16 Junie, drie deelnemende produkte te koop en R150 of meer te bestee.

As jy dus mal is oor hierdie piepklein weergawes van 30 van Suid-Afrika se gunstelinghandelsmerke, moet jy spring – dis net op Jeugdag dat jy dubbel jou aantal mini’s kan kry.