Van die indrukwekkendste projekte by Eskom se eta Toekennings vanjaar behoort aan jongmense onder 18. Hulle het die beoordelaars verstom met briljante idees en oplossings. Eskom se eta Toekennings bevorder uitnemendheid in energiedoeltreffendheid en beloon goeie idees en innovasies deur individue, studente en maatskappye.

? Span jong dames van Bay College in Plettenbergbaai het probeer om die doeltreffendste energiebesparende kookmetode te identifiseer en hulle projek het die jongontwerperskategorie vir groepe gewen. Hulle het die gebruik van mikrogolfoonde, stoofplate en stadigkokende toestelle vergelyk en gevind dat 'n prutpot die meeste energie bespaar.

Daniel von Eschwege van Bloemfontein was vanjaar se wenner in die individuele jongontwerperskategorie.  Daniel was besiel om ? bekostigbare waterverwarmingstelsel wat deur sonenergie aangedryf word, te skep. Sy doen-dit-self-stelsel benodig geen konstruksie- of installasiekoste nie, en sal mense help om krag te bespaar.

[gallery]