PROMOSIE

Da Vat Hy op ShowMax!

radio-raps-750x375-1

Jonathan – Die Movie is die logiese volgende stap in die YouTube-superster se loopbaan. Dit word in Desember in fliekteaters uitgereik, maar jy kan solank opwarm vir dié groot gebeurtenis deur jou aan die RadioRaps-boksstel op ShowMax te vergryp.

Die DVD’s Life 101 en Life 201 is opnames van Jonathan se regstreekse program met al sy wyshede en kwinkslae reguit uit die perd se bek.

Sy basiese lewenslesse is van hulp vir almal. As jy soms ’n bietjie vergeet hoe om reg te leef, sal Life 101 en Life 201 jou vinnig herinner. Dis eintlik maklik: Solank jy niks te ernstig opneem nie en onthou om nou en dan te lag, sal alles oukei wees, hoor?

As jy nog nie op ShowMax ingeteken het nie, maak gebruik van die diens se gratis proeflopie van 14 dae en kry toegang tot duisende episodes van die beste programme en flieks.

Kyk waar en wanneer jy wil op jou slimfoon, tablet, slim-TV of skootrekenaar.