Sowat 1,8 miljoen mense in Suid-Afrika ontvang antiretrovirale behandeling (ARV ) teen die MIvirus en dit is uiters noodsaaklik dat die regte medisyne by die regte pasiënte uitkom. Dit beteken aptekers het ’n reuse taak. Boonop neem administratiewe werk onnodig baie van hul tyd in beslag, want weens ’n gebrek aan doeltreffender metodes moet dit steeds met die hand gedoen word.

Vodacom het besef met watter dilemma aptekers sit en aan die werk gespring om hulle te help deur die iDart-stelsel landwyd beskikbaar te stel. Met die iDart-stelsel word tegnologie gebruik om daaglikse take digitaal en outomaties af te handel. Met Vodacom se steun word iDart nou by nog 25 plekke gebruik en sedert 2009 word personeel daarvoor opgelei. Dit het die algehele getal kernpunte waar iDart gebruik word tot meer as 100 opgestoot. Hierbenewens vind nog 100 kleiner plekke, soos klinieke, onregstreeks baat by iDart.

Die sagteware vir iDart (staan vir Intelligent Dispensing of Antiretroviral Treatment) is ontwikkel deur Cell-Life, die Desmond Tutu MIVstigting, die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie en die Universiteit van Kaapstad. Met hierdie spanpoging is die openbare gesondheidsorg aansienlik verbeter wat aan sowat 300 000 aangetaste pasiënte landwyd gelewer word.

Die Amajuba-distrik in KwaZulu-Natal, met die belangrikste hospitale in Newcastle en op Madadeni, het veral heelwat baat gevind by Vodacom se betrokkenheid. Newcastle is die derde grootste stedelike gebied en talle laeinkomstehuishoudings ontvang nou verbeterde mediese bystand. “Die hospitale is baie bedrywig ons het altyd baie tyd daaraan gewy om medikasie te etiketteer. Dit het die pasiënte se wagtyd baie langer gemaak,” sê Adbus-Samad Cassim, die distrikbestuurder van farmaseutiese dienste. Deur die steeds groeiende iDart-databasis vir pasiënte te benut kan maklik identifiseerbare etikette vir medisynehouers nou vinnig in die regte huistaal gedruk word. Die regte stelsel met duidelik gedrukte aanwysings word gekies om menslike foute te verminder.

Die unieke strepieskodes op die etikette kan by verskeie beheerpunte skandeer word en so bly die betrokkenes op die hoogte van hoe die medisyne op die verskaffingsroete vorder. Dit beteken medisyne kan met gerustheid gestuur word na waar dit ook al volgens iDart die gerieflikste vir die pasiënt is. Die kleiner klinieke in die verwysingstelsel met ’n beperkte infrastruktuur is ook dankbaar vir die verbeterings wat hul werk soveel vergemaklik.

Enige verlies van ARV ’s weens medisyne wat afgeskryf of gesteel word, kan nou ook gemonitor word. Gevalle waar pasiënte nie hul medikasie gaan haal nie, kan ook op hierdie manier drasties verminder word. iDart speel dus ook ’n belangrike rol om akkurate pasiëntprofiele te skep en te sorg dat hulle in die gesondheidsorgstelsel bly. iDart hou ook ander groot voordele in. Aptekers gebruik hierdie sagteware om die voorraadvlakke van ARV ’s te bestuur en nog doeltreffender te maak. Die sagteware word ook gebruik om verslae nommerpas saam te stel vir die bepaalde behoeftes van administratiewe, finansiële of regeringskenkers.

Vir Adbus-Samad is die grootste voordeel van iDart dat dit die hanteringstyd van die medisyne per pasiënt geweldig verminder wanneer dit uitgedeel word; pleks van in twee minute word dit nou in ’n verbasende 40 sekondes gedoen. Noudat die tydrowende proses verbeter is, laat dit meer tyd vir pasiëntesorg en stel dit aptekers in staat om voorskrifte te evalueer en aan belangrike kwessies soos bloedontleding aandag te gee.

Die algehele uitwerking is groter werkbevrediging vir aptekers, klinici wie se taak vergemaklik word en die vernaamste belang-hebbers, die pasiënte, is tevrede. “Al terugvoer wat ons altyd van pasiënte gekry het, was klagtes en nou is dit net positiewe terugvoer. Dit laat ons goed voel as ons pasiënte gelukkig is,” sê Adbus-Samad. Vodacom help met sy maklik bruikbare tegnologie om vordering in die stryd teen MIV te maak. Dit verbeter mense se lewe en gee ’n broodnodige hupstoot om die openbare gesondheidsorgstelsel te moderniseer.

Gaan gerus na www. vodacom.co.za/connectforgood vir nog inligting oor Vodacom se veldtogte rakende openbare gesondheidsorg.