ADVERTENSIEARTIKEL | SANLAM RISIKO

‘Ons het vier hartkloppe op die skerm voor ons gesien . . . dit was ’n lewensveranderende oomblik’ – Tracy

Maar niks kon hulle voorberei op wat op die ou end gebeur het nie. “Ons was op die punt om twee dogtertjies aan te neem toe ’n familielid ons oortuig om nog een keer IVB te probeer,” sê Tracy. “Ons was in die wolke dat dit gewerk het – en die eerste skandering het ’n tweeling gewys! Op agt weke het ons vir ons volgende skandering gegaan. Dit was toe dat ons dokter die nuus oordra: ons verwag twee stelle identiese tweelinge!” Toe die verbasing en skok eers oorgewaai het, het die werklikheid begin insink van vier kinders grootmaak. Tracy en Jean het geweet hulle sal hul leefstyl en verantwoordelikhede moet heroorweeg om te sorg daar word behoorlik vir hul kinders voorsien.

"Ons het nou net een bron van inkomste gehad"

Jean het die moeilike besluit geneem om uit sy droompos te bedank en ’n nuwe een te aanvaar wat beter voorsiening vir die gesin verseker. En Tracy het besluit dit sou die beste wees om ’n tuisblyma te word.

“Ons was opgewonde daaroor om ’n groot gesin te hê,” sê sy, “maar terselfdertyd was ons baie bekommerd oor ons geldsake, want ons het nou net een bron van inkomste gehad.

“Sedert ons ons vier pienk bondeltjies huis toe gebring het, het die uitgawes om hulle groot te maak en die omvang van die taak voorhande soms oorweldigend gevoel. In die vroeë stadiums het ons maklik deur duisend doeke per maand gegaan!

“As ons gevra moes word om vir ons jonger self raad te gee, sal dit wees om die lewe te geniet, maar wys met ons geld te wees – hou in gedagte die lewe gebeur nie volgens plans nie. Verrassings kan duur wees, selfs as hulle gewens is! As jy nie voorbereid is nie, kan stres en geldprobleme jou gesinslewe benadeel.”

Wanneer julle met ’n gesin begin, is dit belangrik om ’n goed gebalanseerde finansiële plan op te stel wat sowel jul huidige as moontlike toekomstige omstandighede in ag neem.

[post-slider]

Karin Muller, hoof van groeimarkoplossings by Sanlam, gee ’n paar wenke oor hoe om dit te doen:

Dit kan uitdagend wees om jou finansiële prioriteite te bestuur. Jy sal ’n balans moet skep tussen mededingende geldelike eise. Byvoorbeeld: spaar jy genoeg vir jou kinders se opvoeding of jou aftrede? “Aftrede behoort jou eerste prioriteit te wees, maar om vir jou kinders se opvoeding te spaar, moet ook volgens ’n plan geskied. Om met ’n adviseur saam te werk kan jou die prioriteite help balanseer,” sê Karin.

Beplan vir jou gesin se toekoms ingeval jy onverwags sou sterf of gestremd raak. Inkomstebeskerming, lewensversekering en dekking vir kritieke siekte en gestremdheid is veral belangrik. Dit is ook belangrik om ’n testament op te stel. Dit moet die aanwys van voogde insluit om na jou kinders te kyk as jy sou sterf.

Jou spaargeld vir aftrede moet ook te alle tye beskerm word. Soos Tracy neem baie vroue ’n paar jaar by die werk af om ’n gesin groot te maak. Hulle kom dalk in die versoeking om hul aftreespaargeld in kontant te laat omskakel om die ekstra uitgawes te dek. Maar in sulke gevalle moet aftreegeld eerder na ’n bewaringsfonds oorgeplaas word. Jou aftreebeleggings het tyd in die mark nodig sodat saamgestelde rente sy wondere kan verrig. Jy sal nooit kan inhaal as jy besluit om later weer die werkmark te betree nie, veral nie as jy in jou 40’s of 50’s is nie.

Om meer oor Tracy en Jean te lees, gaan na www.sanlam.co.za