As jy vir die eerste keer by ’n mediese fonds wil aansluit of ’n ander fonds oorweeg omdat jy ontevrede is met jou huidige mediese dekking, sal jy gou opmerk daar is ’n magdom keuses. Suid-Afrika het talle mediesefondsskemas en hulle almal lyk eenders, of hoe? Daarom dink jy dalk dit maak nie eintlik saak watter een jy kies nie, want alle mediese fondse is mos eintlik maar dieselfde.

Glad nie!

Sommige sogenaamde mediesefondsskemas is eintlik maar net kansvatters. Hulle beweer dalk hulle kan jou die laagste koerse bied en sal jou belange op die hart dra, maar wanneer die nood druk, sit jy met ’n spul uitsluitings in die fyndruk en geen hulp nie. Voor jy aansluit en jou maandelikse premie begin betaal, maak seker jy weet goed wat jy vir jou swaarverdiende geld kry, ongeag hoe bekostigbaar die premies is of hoe omvattend die dekking skynbaar is.

MEDSHIELD sorg al vir Suid-Afrikaners van 1968 af. Dis een van die grootste, mees vertroude en bes gevestigde mediesefondsskemas in die land. Dié onderneming dek bykans 200 000 lewens en kan sy lede voorkeurkoerse bied danksy strategiese vennootskapsnetwerke. Hulle het die sesde jaar agtereenvolgens ’n AA-gradering van Global Credit gekry. Dié gradering getuig van hul vermoë om eise uit te betaal. MEDSHIELD is ook goed verteenwoordig in al nege provinsies en die personeel in hul kontaksentrum sal jou ervaring moeiteloos help maak.

By MEDSHIELD kan jy seker wees jy sal ’n gesondheidsorg-opsie kry wat aan jou eiesoortige vereistes voldoen. Die skema spits hulle toe op die verskaffing van bekostigbare gesondheidsorgprodukte van goeie gehalte en bykomstige voordele wat verseker jy kry goeie waarde vir geld. Die onderneming se welstandsvoordeel bied ’n aantal toetse wat jou gesondheidsorguitgawes verminder met behulp van voorkomende gesondheidsorg.

Wees nou maar eerlik: Gesondheidsorg is duur. Keer dat dit jou meer uit die sak jaag as wat jy kan bekostig en jou dalk op die lange duur bankrot maak. Die beste raad is om die gemoedsrus van omvattende gesondheidsorg te hê, slaggereed vir ingeval ’n terugslag jou tref. Goeie mediesefondsskemas sal jou vergoed vir ’n groot deel van jou gesondheidsorg-uitgawes soos dit opduik en so die taak om vir jou en jou gesin se gesondheid te sorg, meer bekostigbaar maak.

Die meeste fondse sal hul gedeelte van die koste regstreeks aan die hospitaal of dokter betaal, pleks dat hulle vereis jy moet eers betaal en hulle jou eers later vergoed. Al lyk die koste van versekeringspremies dalk hoog, sal die koste van die behandeling van ’n onvoorsiene siekte of besering bes moontlik nog baie hoër wees.

Gans te veel mense neem die behoefte aan ’n mediese fonds te ligtelik op. Onthou, hoe langer jy wag om vir die eerste keer ’n lid te word, hoe meer kan jy verplig word om bo die ouderdom van 35 vir jou maandelikse premie op te dok. Mediese dekking is nie net belangrik vir jou liggaamlike welstand nie, maar ook vir jou geldelike gesondheid.

Neem jou gesondheidsorgbehoeftes in ag en kyk deeglik na al die moontlikhede, voor jy kies. Vra as jy onseker is. ’n Verteenwoordiger graag enige moontlike vrae beantwoord.

Onthou: MEDSHIELD is altyd daar vir jou.

Vir meer inligting besoek; www.medshield.co.za