PROMOSIE

Deesdae is versekering wat jou, jou bates en jou gesin dek net so belangrik soos brandstof in jou voertuigtenk. Met dié dat die finansiële markte onvoorspelbaar, die risiko vir natuurrampe hoër en ekonomieë onstabiel is, is dit belangrik om seker te maak noodsaaklike bates soos jou motor, huis en huisinhoud is gedek.

Die maandelikse uitgawe om dié items te beskerm, is minimaal vergeleke met dié van moontlike skade of verlies. ’n Klein maandelikse premie is dus die moeite werd as jy dit opweeg teen die geld wat dit sal kos om hierdie bates te vervang. Danksy die geld wat jy aan korttermynversekering bestee, gaan jy dus op lang termyn heelwat spaar.

Momentum bied korttermynversekering wat in die individu se behoeftes voorsien en deur innoverende tegnologie probeer die groep mense se finansiële welstand en veiligheid bevorder.

Die Momentum Safety Score is ’n aanlyn vraelys waardeur klante met ’n kontantterugveiligheidsbonus beloon kan word. Jy kan tot 20% van jou jaarlikse motor- en huisversekeringpremies terugkry, selfs al het jy geëis.

En met die Momentum-app vir motor- en huisversekering kan jy jou eise indien sonder om met die inbelsentrum te praat en boonop so die proses te bespoedig.

digitorial Afr_2

Hoe om ’n korttermynversekeraar te kies

  • Praat met ’n gekwalifiseerde finansiële beplanner wat jou unieke behoeftes verstaan. Jou finale besluit moenie net op koste gegrond wees nie.
  • Kyk of die bybetaling ’n vaste bedrag of ’n persentasie van die waarde van die eis is.
  • Kyk of die premie dadelik sal verander as jy eis en of dit vir ’n bepaalde tydperk gewaarborg is.
  • Maak seker die versekeraar pas die versekerde bedrag van jou motor, geboue en huisinhoud gereeld aan. Vind ook uit of dit jou of die finansiële beplanner se verantwoordelikheid is om op te volg.
  • Wat koste betref, maak seker jy betaal net vir jou eie risikoprofiel.
  • Vergewis jou van wat die polis dek en wat nie. Jou finansiële beplanner kan jou hiermee help.
  • Vind uit wat ander verbruikers en kliënte oor die versekeraar sê – besoek die versekeraar se webtuiste of ’n webtuiste soos hellopeter.com.
  • Kyk na die jaarresultate van die ombudsman vir korttermynversekering om seker te maak die versekeraar hanteer eise doeltreffend, regverdig en redelik.
Vir meer inligting en om uit te vind hoe jy korttermynversekering kan uitneem, besoek gerus Momentum se webwerf.

Wen!

Momentum wil graag weet hoe jý dinge beter doen. Deel jou storie of foto oor hoe jy dinge beter vermag by hierdie skakel.

Wie weet, jy kan dalk R5 000 in kontant wen!

Die kompetisie is oop van 24 Oktober 2016 tot 14 Desember 2016 en jy mag net een keer per week inskryf. Meer inligting, terme en voorwaardes is by die skakel hierbo beskikbaar.