Vir Afrikaans.com is dit die ideale geleentheid om weer die mooi van Afrikaans in al die verskillende dele van ons land te herontdek.

Om jou dorp deur jou en jou lesers se oë te beleef, saam met julle deur jul strate te loop, te sien hoe daar in Afrikaans sake gedoen word, skoolgegaan word, gekuier word en geskep word.

Elke dorp is verskillend, maar een ding is seker, op elke dorp kry jy een of ander vorm van Afrikaans ... en ons wil weet ... Hoe lyk Afrikaans in jou dorp?

Neem deel en vertel ons #waarsitlekka in Afrikaans in jou dorp. Gaan kyk sommer nou by Dorp van die Jaar en kyk hoe jy moet maak om deel te neem.

Skryf iets, stuur ’n video of neem ’n foto. Die beste inskrywings staan die kans om ’n prys te wen.

Afrikaans.com – trotse borg van Kwêla Dorp van die Jaar