Raai-raai watter idioom word in hierdie prentjie verskuil. (Loer heel onder vir die antwoord!)

Jakkels trou wolf se vrou copy resized

Hoeveel van hierdie dierverwante idiome ken jy?

Sien betekenisse onder!

1. Al dra ’n aap ’n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding.

2. Nes ’n aap op ’n stokkie sit.

3. Agteros kom ook in die kraal.

4. Blaffende honde byt nie (sy blaf is erger as sy byt).

5. Die bobbejaan agter die bult gaan haal.

6. Soos water op ’n eend se rug.

7. As jy ’n hond wil slaan, kry jy maklik ’n stok.

8. ’n Hond uit ’n bos gesels.

9. Ek kon nie hond haar-af maak nie.

10. Baie honde is ’n haas se dood.

11. Jakkals verander van haar maar nie van snaar nie.

12. Die kalf is in die put.

13. Nie onder ’n kalkoen uitgebroei wees nie.

14. As die kat weg is, is die muis baas.

15. So min van iets weet as ’n kat van saffraan.

16. Hy is nie so groen dat ’n koei hom sal vreet nie.

17. Kolmuis vreet wasgoed.

18. Die leeueaandeel kry.

19. As jy nie daardie mond gehad het nie, het die kraaie lankal jou oë uitgepik.

20. As die muis dik is, is die koring bitter.

Kan jy raai watter idioom is in hierdie prentjie verskuil?

Draak steek - resized

Dit is natuurlik "Die draak steek", wat beteken: die gek skeer.

Afrikaans.com is ’n nuwe webwerf daarop gemik om Afrikaans in haar volheid te vier en te verken.

Dit is daar waar jy op hul trivia-blad jou Afrikaanse taalkennis kan toets, of saamgesels oor jou gunsteling uitdrukking of idioom. Jy kan ook ’n illustrasie van jou gunsteling idioom instuur of self ’n lekker raaisel uitdink.

Neem deel aan die gesprek op die trivia-blad of gaan loer hier vir meer inligting en om te sien hoe JY R10 000 kan wen!

Sosiale Veldtog Afrikaans logo gebruik 800x800[3] - Copy

Besoek Afrikaans.com en kom gesels saam!

Antwoorde op die idioom-raaisels:

1. Mooi klere of versierings kan ’n lelike mens nie mooi maak nie.

2. Erg beteuterd lyk.

3. Al is ’n mens hoe stadig, kom jy ook maar waar jy wil wees.

4. Hy dreig meer as wat hy werklik doen.

5. ’n Moeilikheid tegemoet loop; jou vreeslik kwel oor iets wat nog glad nie eens gebeur het nie.

6. Gesê van ’n vermaning waarop geen ag geslaan word nie.

7. As jy iemand wil benadeel, kan jy maklik ’n kamtige rede vind om dit te doen.

8. Vreeslik lekker gesels.

9. Ek kon niks uitgerig kry met die taak wat ek wou of moes verrig nie.

10. Niemand is op die duur teen ’n oormag bestand nie; baie kan vermag word waar mense saamwerk.

11. ’n Skelm mens verander uiterlik maar nie innerlik nie.

12. Die werk moet dringend gedoen word al is dit ons op hierdie tydstip nie geoorloof om dit te doen nie, veral gesê van iets wat noodwendig op ’n Sondag (die rusdag) moet klaar kom.

13. Nie so dom wees soos ander miskien sal dink nie.

14. Feitlik geen kans hê nie.

15. As die baas (die ouers) weg is, maak sy werkers (die kinders) nes hulle wil.

16. Hy is nie so dom as wat ’n mens dink nie.

17. Gesê van iemand wie se broek styf tussen die boude intrek.

18. Die grootste, die belangrikste gedeelte ontvang.

19. Jy kan darem baie praat, jy is darem baie glad met jou mond (met jou tong).

20. As ’n mens genoeg geëet het, smaak die lekkerste kos nie meer lekker nie.

Die prentjie-raaisel was natuurlik "Jakkals trou met wolf se vrou", wat beteken: die son skyn terwyl dit reën.