Vyf van hierdie lewensfases is hieronder uiteengesit en in elke geval sal ysteraanvullings haar lewenslus help herstel. As jy een van hierdie vroue is, praat vandag nog met jou dokter om te begin ysteraanvullings neem:

1.    Sy is anemies

As jou ystervlak laag is, het jou liggaam nie genoeg yster om jou rooibloedselle te help om suurstof deur jou liggaam te dra nie. Vroue is meer geneig tot bloedarmoede weens ’n ystertekort as mans. ’n Ysteraanvulling sal jou rooibloedselle optimaal help werk sodat jy nie meer uitgeput en lusteloos voel nie.  

2.    Sy is swanger

Bloedarmoede is meer algemeen by swanger vroue en kan lei tot lae geboortegewig, voortydige geboorte en selfs moedersterfte. Dit kom voor omdat swanger vroue meer bloed vervaardig om voedingstowwe vir die baba te help lewer. Daar is drie soorte bloedarmoede wat die meeste gedurende swangerskap voorkom:  bloedarmoede weens ystertekort, bloedarmoede weens foliensuurtekort en bloedarmoede weens vitamien B12-tekort.

3.    Sy menstrueer

As jou liggaam nie kan voorbly om verlore rooibloedselle te vervang nie, sal jy anemies word. Vroue met swaar menstruele bloeding loop groter gevaar van anemie en sal baat vind by ysteraanvullings.

4.    Sy is ’n nuwe ma

Bloedverlies tydens en ná geboorte verhoog ’n vrou se kans op bloedarmoede. Bloedarmoede weens ’n ystertekort hou verband met ’n toename in nageboortelike depressie en voorkoms van urineweginfeksies; moegheid en uitputting; onvoldoendemelksindroom; en borsmelk van laer gehalte. Ysteraanvulling is dus in hierdie geval belangrik vir die ma en baba se gesondheid.

5.    Sy oefen

Vroue wat gereeld intens oefen, het ’n hoër risiko vir bloedarmoede. Dit is wel moontlik om steeds te oefen met dié toestand, maar jy loop gevaar om melksuurvergiftiging te kry en vinniger moeg te raak, lusteloos te voel en minder uithouvermoë te hê. Jou hersteltyd kan ook langer wees en jou spiere sal seerder wees as wat jy verwag het.

zyferTM is ’n sagwerkende nuwegeslag-ysteraanvulling en bevat ’n unieke, gepatenteerde yster, Ferrochel®, sowel as vitamien B12 en foliensuur vir verligting van uitputting.

Die yster is ’n glisenaat, wat dit hoogs biobeskikbaar maak en verseker dat dit maklik absorbeer om die ystervlak vinnig te herstel, sonder dat dit om in name met ander minerale of medikasie meeding.  zyfer sal nie naarheid of hardlywigheid veroorsaak nie, twee algemene newe-effekte van ander ysteraanvullings.

Die vitamien B12 sal saamwerk om  jou energievlak te herstel en jou goed laat voel. zyfer is beskikbaar in gerieflike coni-knak-sprinkels vir die hele gesin – knak die kapsule oop en sprinkel die inhoud oor kos.

Dit is gerieflik vir babas en kinders en vir mense wat nie hou van pille sluk nie.

zyfer is SANHA HALAAL-gesertifiseer, suikervry, laktosevry en vegetaries.

WEN!

Skryf in om ’n spa-dag vir twee te wen of een  van twee zyora-produkpakke. Daar is twee produkpakke op die spel elke week in Julie.

HOE OM IN TE SKRYF

Gaan na die zyora Facebook-blad of die zyora-webtuiste en teken in op die nuusbrief om jou naam in die trekking te kry.

Sluit aan by die zyora-gemeenskap op FacebookTwitter en  Instagram.