Solidariteit Helpende Hand se Ekstra Wiskunde-projek bied ’n bekostigbare oplossing vir hierdie probleem. “Wiskunde bou voort op vorige kennis en soms sukkel ’n kind met net een probleem of afdeling. Partykeer moet die leerder net ’n verduideliking uit ’n ander hoek sien om iets beter te verstaan,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand en stigter van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW).

Die VAW glo ekstra wiskundeklasse kan ’n daadwerklike verskil in kinders se punte maak en het dus begin om aanlyn klasse aan te bied. Ekstra wiskundeklasse is ’n uitstekende belegging wat ’n groot verskil in jou kind se lewe kan maak. Deesdae betaal ouers deur hul nek vir bykomende klasse.

Dit is waarom Helpende Hand hul ondersteuners teen net R50 per maand toegang bied tot weeklikse aanlyn wiskundeklasse van wêreldgehalte. Kinders kan dit op hul eie tyd in hul eie kamer deurwerk.

Teen net R50 per maand kan kinders van gr. 4 tot 12 ekstra wiskundeklasse ontvang! Hiervoor verkry jy toegang tot die Ekstra Wiskunde-webtuiste – ekstrawiskunde.co.za – waar klasse vir leerders van gr. 4 tot 12 beskikbaar is, en toegang tot die leerinstelling Akademia se 11 sentrums landwyd.

Ekstra Wiskunde se voordele sluit in:

  • Twee uur lange video’s wat eksamenvrae bespreek. Vanaf 1 Junie 2017 sal eksamenvoorbereidingsvideo’s vir gr. 4 tot 12 ook verkrygbaar wees.
  • ’n Koepon ter waarde van R600 vir die webtuiste diemarkplein.co.za. Met hierdie koepon kan ou vraestelle, oefenvraestelle, memorandums, werkkaarte, wiskundewenke, gratis studiemateriaal en veel meer afgelaai word.
  • Regstreekse klasse vir gr. 12-leerders. Matriekleerders kan die klasse bywoon en die lesse regstreeks by Akademia se 11 sentrums landwyd kyk.
    ’n Wiskundespesialis is op WhatsApp beskikbaar aan wie lede se kinders kan vrae rig. Dié foendi sal hulle met moeilike probleme kan help.*
  • Gratis wiskunde-winterskoollesse vir gr. 12-leerders sal van 12-14 Julie regstreeks op die Akademia-platform uitgesaai word. Besoek Ekstra Wiskunde nou om jou plek by een van die 11 sentrums landwyd te bespreek!

Met jou R50 klasgeld per maand dra jy ook by tot projekte wat duisende behoeftige kinders bystaan. Helpende Hand se Kosblikkie-projek voed daagliks meer as 4 200 kinders landwyd. Dit is wiskunde vir jou en jou kinders en hulp vir talle ander!

Gee jou kind die beste kans! Gaan na ekstrawiskunde.co.za of SMS die woord “Wiskunde” na 39950 en ons bel jou. Elke SMS kos R2.

  • Die wiskunde-foendi kan tot 72 uur neem om ’n vraag te beantwoord, na gelang van die aantal navrae. Die foendi sal op die webtuiste en WhatsApp gekontak kan word.