As jy met Huisgenoot in jou huis grootgeword het, is jy baie bekend met die geliefde fotoverhale van destyds – al die drama, die emosie en intriges in ’n reeks swart en wit foto's vasgevang!

En nou nooi ons en Afrikaans.com jou om ’n fotoverhaal wat oorspronklik in die vroeë 1970's in Huisgenoot verskyn het, in jul eie woorde "oor te vertel".

Ons deel elke week ’n foto uit die reeks en vra jou dan om die woorde wat jy graag in die spraakborrel wou sien in die kommentaarveld op Facebook te skryf. Aan die einde van die reeks sal ons so ’n paar verhale skep uit jul voorstelle – ons kan nie wag om jul kreatiewe voorstelle te sien nie!

HIER IS DIE EERSTE FOTO IN DIE FOTOVERHAAL:

Om jou voorstel vir die spraakborrel te gee, gaan na die inskrywing op Facebook hier.

Afrikaans.com fotoverhaal 1

DIE TWEEDE FOTO IN DIE FOTOVERHAAL

Klik hier om jou voorstel te gee van dit wat in die spraakborrel moet staan. 

Ons bou saam aan 'n fotoverhaal

FOTO 3 IN DIE REEKS:

Klik hier om jou woorde neer te pen. 

Bou 'n fotoverhaal

FOTO 4 IN DIE REEKS: 

Klik hier om die finale spraakborrel in die reeks in te vul. 

Bou 'n fotoverhaal

AFRIKAANS.COM

Afrikaans.com is daarop gemik om Afrikaans se diversiteit en kleurrykheid in al sy vorme te vier.

Gaan loer hier as jy inspirasie soek vir jou spraakborrel!

Onthou, jy kan altyd pret hê met jou taal.

#MyAfrikaans #waarsitlekka

Afrikaans.com

Besoek Afrikaans.com