PROMOSIE

biscottimain

Ja, jy het reg gelees. Soms wil jy net ’n beker stomende koffie of tee en beskuit hê vir ontbyt. Nou kan jy heerlike biscotti maak om by die huis of op kantoor te geniet en jou gesin en kollegas beïndruk. Jy kan selfs ’n paar in jou kinders se kosblik pak.

Ontbyt kan gesinstyd wees as jy hierdie happies voor die tyd maak. Almal kan bymekaarkom, roosters vergelyk en aan tafel gesels tussen monde vol sjokolade-biscotti met gemmer deur terwyl hulle steeds hul bakkie ontbytpap geniet.

Landwyd lyk ontbyttyd splinternuut met heerlike resepte en voorstelle vir voorsit. Daar is miljoene maniere om jou dag groot te begin met Kellogg’s. Hoe maak jy seker daar is lekkerkry in jou wakkerkry? Hoe maak jy jou ontbyttafel anders? Laai jou resep op by shakeupyourwakeup.co.za en kry ander Kellogg’s-aanhangers se resepte. Van Mei tot November gaan vier resepte elke maand beloon word met koopbewyse van R1 000 wat by enige winkel ingespan kan word! SJOKOLADE-BISCOTTI MET GEMMER

Lewer sowat 15-20 biscotti

Bestanddele

3 eiers

125 ml (½ k) bruinsuiker, heuning of xylitol

5 ml (1 t) vanielje

5 ml (1 t) bakpoeier

’n knippie sout

500 ml (2 k) fyngemaalde Kellogg’s Coco Pops

100 g ingelegde gemmer, in stroop, opgekap

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat.

2. Klits die eiers en suiker, heuning of xylitol tot lig en vaal.

3. Klits die vanielje by.

4. Voeg die bakpoeier, sout en fyngemaalde Kellogg’s Coco Pops by en meng goed. Voeg die ingelegde gemmer by en meng.

5. Vorm ’n bal, verdeel in twee en vorm twee ovaalvormige brode. Rangskik op die bakplaat en bak sowat 20 min. tot ligbruin en gaar.

6. Laat 10 min. afkoel en sny dan in dun, diagonale snye.

7. Verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C. Plaas die biscotti-snye in ’n enkellaag op ’n draadrak bo-op die bakplaat.

8. Bak 10 min. aan albei kante tot uitgedroog.

9. Laat afkoel en berg in ’n lugdigte houer. Sit voor saam met koffie of tee.