PROMOSIE

Die veelbekroonde fliek wat kykers landwyd aan die praat gehad het, Dis Ek, Anna, wenner van Samas en die Silwerskermprys vir beste rolprent, is een daarvan.

Dis Ek, Anna het Suid-Afrikaners gaande gehad. Die eerlike, rou storie is gegrond op die topverkoperboeke deur Anchien Troskie. Dit bied uitstekende spel deur ’n fenomenale span akteurs, met Charlene Brouwer aan die voortou as Anna.

Dié rolprent het nie verniet al wat ’n prys in Suid-Afrika is verower nie. Volgens Leon van Nierop wys dit die Afrikaanse rolprentbedryf het grootgeword. Hy sê van die regisseur, Sara Blecher: “Haar geskakeerde, dapper rolprent behaal hoogtepunte wat nog nie tevore in Afrikaanse flieks gesien is nie.”

Vegter op die veld; nou veg hy om sy lewe. Joost: Spel van Glorie wys die sportheld soos jy hom nog nooit gesien het nie.

Aanhangers van Joost van der Westhuizen sal bly wees om te hoor dat die dokumentêre rolprent oor sy lewe en stryd met motorneuronsiekte, Joost: Spel van Glorie, nou op ShowMax te sien is.

Die filmspan het 18 maande lank saam met Joost gereis en sy lewe verfilm om ’n intieme blik te skep op die uitwerking wat die siekte op die eertydse sportheld het, en om ’n terugblik op die hoogtepunte van sy lewe te gee.

Dis Joost soos jy hom nog nooit gesien het nie, selfs meer dapper as enige vertoning op die sportveld, en tog ook ongelooflik weerloos.