PROMOSIE

Die warmer maande is eindelik hier, en daar is min dinge so lekker soos om op ’n warm dag saam met familie en vriende uit te span.

Tile Africa pic 3

Voer jou buitelug-leefruimte ’n stap verder en omskep dit met hierdie dekorwenke in ’n modieuse, verwelkomende verlengstuk van jou huis. Liza Watermeyer van Tile Africa deel die volgende wenke vir jou patio:

Tile_Africa_pic_2

  • Bring die binnenshuise buitentoe: Vir samehorigheid en om te verseker dat jou buiteruimte jou binnenshuise ruimte komplementeer, kan jy dieselfde ontwerp- en dekorbeginsels buite toepas wat jy binne-in die huis sou toepas sodat daar ’n balans tussen die vertrekke is. Een manier is om kleure te laat ooreenstem. Maak die binnenshuise kleurskema op die stoep na met bypassende bykomstighede. As jou sitkamer byvoorbeeld blou aksente het, kan jy strooikussings, los matte of lanterns in dieselfde kleur op die stoep gebruik.
  • Kies duursame oppervlakke wat min onderhoud vereis: Wat buitevloere, bekleding en werkoppervlakke betref, is duursaamheid en onderhoud belangrike oorwegings. Teëls is ’n slim keuse vir buitevertrekke omdat dit maklik skoonmaak en duursaam is. Keramiek- en porseleinteëls met pragtige inkspuitdrukwerk wat hout en natuurlike klip naboots, word nou plaaslik vervaardig. Dit is bekostigbaar en skep ’n pragtige, natuurlike voorkoms sonder die las van verseëling en skuurwerk. Dié met ’n effense tekstuur bied ’n glip-bestande afwerking en is ideaal vir ruimtes wat nat word.
  • Voeg ’n bietjie tekstuur by: Skep ’n fokusmuur langs jou braaiplek of op ’n spesifieke muur met lei-, travertyn- of sandsteen-bekleding. Natuurlike klipteëls is nommerpas vir buiteruimtes omdat dit uiters duursaam is en strawwe weerstoestande kan weerstaan. Dit skep ’n aardse gevoel en pas by ’n buitemuurse rusplek wat deur die natuur geïnspireer is. ’n Kostedoeltreffende alternatief is inkspuitteëls wat leiteëls na-aap.
  • Bou ’n vuurmaakplek: ’n Vuurmaakplek skep ’n kuierplek waar familie en vriende bymekaar kan kom. Dit is die perfekte plek om tot laataand te kuier, malvalekkers te braai en besoekers in die winter warm te hou. Beplan dit sodat jou vuurmaakplek gemaklike sitplek en genoeg beenruimte het. Teëls is die perfekte keuse, veral dié met ’n klipvoorkoms.

Tile_Africa_pic_1

Besoek www.tileafrica.co.za of bel 0800-002-783 vir nog inligting, of volg Tile Africa op Facebook, Twitter en Pinterest vir inspirerende dekor-idees.