KFC-PROMOSIE

hg2 Ná 40 jaar in Suid-Afrika roem die onderneming steeds op bestanddele van die hoogste gehalte en word hul maaltye steeds volgens die hoogste standaarde van reinheid berei sodat jy hul kos kan vertrou. ’n Mens moet eenvoudig dol wees oor KFC! Hul maaltye:

  • Word vars berei.
  • Word steeds gemaak soos die kolonel dit in 1940 gedoen het.
  • Is so smaaklik soos altyd danksy KFC se geheime resep.
  • Word van A-graad-hoender en vars bestanddele gemaak.
  • Is onderhewig aan streng gehaltebeheer en opleiding.
  • Word higiënies in die winkel gemaak.

Die KFC-ervaring

KFC het Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, na die hart van hul huis genooi – een van hul vele kombuise landwyd – om eerstehands die sorg en hoë standaarde te ervaar waarvolgens jou gunsteling- maaltye berei word. Dit is wat sy te sê gehad het:

“KFC het streng gehaltebeheerstelsels, van waar die verskeie rou produkte gebêre word tot higiëniese prosedures en tydmonitors om te verseker dat klante hul kos so gou moontlik kry. “En al bly daardie 11 kruie en speserye ’n geheim, kan ek vir jou sê elke hoenderporsie word sewe keer in die houer met die meelmengsel gedruk en 10 keer met die hand gerol voor dit in ’n spesifieke patroon op die rooster gepak word.” 01 Die spoglys – dit maak KFC tops

  • Elke kok kry weke se strawwe opleiding in die winkel om KFC se kenmerkende geregte te leer berei. Die hoender word vars in die winkel berei sodat dit altyd warm en vars opgedien word.
  • Die hoender word vir gehalte gekies. KFC gebruik net A-graad-hoender en elke stuk word gekies om aan spesifieke spesifikasies te voldoen. Al die hoender wat KFC gebruik, is vry vanhormone en steroïede.
  • Die onderneming steun werkskepping in Suid- Afrika deur nie net meer as 23 000 werknemers in verskeie afdelings van hul organisasie te hê nie; dit is ook sy beleid om sover moontlik plaaslike verskaffers te gebruik.
  • Hul standaarde vir voedsel en veiligheid is van die hoogste in die kosbedryf en sy goedkeuringsproses van verskaffers een van die uitdagendstes en deeglikstes.
  • Elke KFC-winkel word vyf keer per jaar onaangekondig geoudit om seker te maak dit voldoen aan die strengste standaarde vir gesondheid en veiligheid.
  • Elke KFC-winkel volg ’n streng sanitasie-enreinigingsprogram, en was-spoel-sanitering geld vir alle oppervlakke waaraan kos raak.
  • Die onderneming vereis ook dat alle kombuispersoneel hul hande minstens een keer elke halfuur was, afspoel en ontsmet.
  • Verreweg die meeste van die papier-, kartonen plastiekverpakking wat gebruik word, is herwinbaar en KFC mik daarna om in die nabye toekoms net herwinbare verpakking te gebruik.

Het jy geweet?

Harland Sanders het hoender volgens die KFC-resep in 1940 die eerste keer gemaak toe hy sy geheime resep van 11 kruie en speserye in sy restaurant in Kentucky, Amerika, vervolmaak het. Die resep word nou nog wêreldwyd gebruik. Die eerste KFC-winkel in Suid-Afrika is in 1971 geopen in Orange Grove, Johannesburg. Versprei hoop deur die land  Is jy al by ’n KFC-winkel gevra om R2 by jou bestelling te voeg en het jy gewonder waarvoor dit is? Wel, Add Hope is KFC se projek vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid. Dit is in 2009 begin en tot dusver is meer as R175 miljoen al daarmee ingesamel om honger kinders in Suid-Afrika te voed. Deur klante by al 700 winkels te vra om R2 te skenk, bied die onderneming hulle die geleentheid om betrokke te raak en ’n verskil te maak deur honger kinders te help voed. Die projek:

  • Voed 40 000 kinders per maand uit die R2-skenkings wat ontvang is. Die kinders kry dus die nodige voeding om te leef, groei en floreer.
  • Is in vennootskap met organisasies wat by die voeding van jong mense in Suid-Afrikaanse gemeenskappe betrokke is. Die grootste deel van die werk wat deur KFC Add Hope gedoen word, behels die voed van kinders by skole en vroeëkinderontwikkelingkleuterskole.
  • Het in 2012 R12,6 miljoen by winkels ingesamel. Franchise- houers het ’n bykomende R19 miljoen geskenk.
  • Skenk geld aan 90 organisasies landwyd wat by voedingsprogramme betrokke is. Klante kan gerus wees dat hul skenkings vir die koste van maaltye aangewend word. Dit verlig heeljaar honger en maak ’n verskil.

adhope1