PROMOSIE

Gee ’n ou meubelstuk ’n nuwe voorkoms sonder om die bank te breek – en geniet die proses! As jy iets nuuts in jou huis wil hê en wil spaar op uitgawes, is die oplossing om ’n ou meubelstuk te spuitverf. Jy kan jou persoonlike stempel afdruk teen die prys van ’n verfkannetjie. Dit is pret en sal jou die bevrediging gee dat jy iets geskep het wat uniek is. Maak wat oud is binne minute nuut (of wat nuut is oud met ’n geroeste voorkoms). Met Rust-Oleum is die moontlikhede eindeloos. TYDLOOS GEKALK

600x450drawershg

Vir ’n byderwetse, ultramat-afwerking kan jy meubels verf met Rust-Oleum se Chalked Ultra Matte. Gekalkte verf kan hier en daar afgevyl word vir ’n tydlose, klassieke voorkoms.

Dit is maklik om te gebruik en verg geen voorbereiding buiten ’n bietjie afskuurwerk nie. Dit bied eenlaagdekking wat vinnig droog word. Omdat dit ’n waterbasis het, is dit maklik om skoon te maak.

Dit is geskik vir gebruik op hout, metaal, keramiek en doek. Gebruik die Chalked Protective Topcoat vir langdurige beskerming. Dit is beskikbaar in ’n nuttige aerosol vir kleiner projekte en opknapwerk, asook in ’n kwasformaat. Daar is nege kleure om uit te kies.

Dit maak nie saak watter meubelstuk jy met Rust-Oleum Chalked Paint verf nie, die proses bly dieselfde.

  1. Verwyder enige hardeware en skei die verskillende dele van die item wat jy wil verf.
  2. Vir die beste uitslag, skuur die meubelstuk liggies af met ’n fyn- of middelgrein-afskuurspons of skuurpapier met ’n grein van 180-220.
  3. Vee liggies met ’n klam lap af om alle stof te verwyder.
  4. Gebruik ’n verfkwas om die eerste laag aan te wend of spuit dit in ’n goed-geventileerde area aan. Laat droog word.
  5. Indien nodig, wend nog een tot twee lae aan en laat genoeg droogwordtyd tussen aanwendings.
  6. Vir ’n verweerde voorkoms, skuur enige rante of reliëfareas af om die oorspronklike oppervlak bloot te stel tot die gewenste vlak van verwering bereik is.
  7. Beskerm en seël die verf met Rust-Oleum Matte Protective Topcoat (ook beskikbaar in aanverf- sowel as aerosolformaat). Kies die verseëler wat by jou verf pas.

Gaan loer hier vir meer. As jy iets dié feestyd ’n baie maklike, dog indrukwekkende projek wil probeer, is hierdie een so reg in jou kraal: BYDERWETSE ROOSGOUDSKINKBORD

600x450trayhg

Maak ’n eenvoudige skinkbord mooi en gee die vervelige voorkoms ’n hupse hupstoot. Verf die handvatsels en dekoratiewe aksente met Rust-Oleum se Metallic Finish in Rose Gold.

Maak ’n bypassende houer vir kombuisbenodigdhede. Gebruik maskeerband en spuitverf strepe op ’n glaspot. Die gemaklike spuitpunt wat teen enige hoek werk, maak dit moontlik om die kannetjie in al daardie areas te gebruik wat moeilik is om te bereik en maak selfdoenprojekte soveel makliker. Geskik binne en buite die huis op metaal, keramiek, hout en meer. Wil jy nuwe lewe in jou patiomeubels blaas? GEE JOU PATIOMEUBELS ’N TWEEDE KANS

600x450rustoleumhg

Die Rust-Oleum Painter’s Touch-reeks bied dubbel soveel dekking as ander spuitverwe en bied ’n ultra-gladde afwerking met geen sigbare kwashale nie.

Die briljante wegsteekvermoë en uitstekende gehalte bespaar jou tyd, onkoste en moeite. Met hope hipermoderne kleure om van te kies (soos Seaside in die foto hierbo) kan hout-, metaal- en selfs plastiekmeubels maklik nuwe lewe kry. Geskik vir binne en buite die huis.

Rust-Oleum spuitverf is by jou plaaslike hardeware- of verfwinkel beskikbaar.

Klik hier om ’n brosjure propvol spuitverf idees af te laai.

Spuitwenke:

  • Doen al jou spuitverfwerk buite of in ’n goed geventileerde area soos ’n oop garage. Vermy winderige of stowwerige omstandighede.
  • Maak seker jy bedek die omliggende area om dit teen die spuitsproei te beskerm. Jy kan ook ’n kartondoos op sy kant draai en as spuitboks gebruik.
  • Maak seker jou projek is skoon en droog.
  • Skud die kannetjie een minuut voor gebruik en gereeld tydens gebruik om seker te maak die verf is goed gemeng.
  • Hou die kannetjie 30cm weg van die oppervlak en begin spuit afwaarts en dan dwars met ’n vaste heen-en-weer beweging oor die projek. Laat die hale effens oorvleuel.
  • Beweeg die kannetjie terwyl jy spuit en eindig elke haal ’n entjie anderkant die projek om te vermy dat jy die verf op enige kol te dik aanwend. Wend twee of meer ligte lae ’n paar minute uitmekaar aan.

Vir meer wenke, idees en produkinligting, besoek gerus Rust-Oleum se webtuiste.