PROMOSIE

mr-video-1-copy

Mr. VIDEO is al langer as 20 jaar ’n leier op die gebied van tuisvermaak.

Bekostigbare tuisvermaak word gebied en nuwe films word weekliks by die bestaande reeks gevoeg om aan hulle klante se behoeftes te voldoen. Dit gaan immers om veel meer as net vermaak; dit is die hele ondervinding. ’n Langtermynverhouding word dus opgebou.

Dit gaan goed met die filmhuurbedryf en hulle is hier om te bly. Anders as wat baie mense dink, het die meerderheid Suid-Afrikaners nie toegang tot hoëspoed of bekostigbare internet om in hul vraag na tuisvermaak te voorsien nie. Betaaltelevisie kan dus nie met Mr. VIDEO meeding wat verskeidenheid, keuse en bekostigbaarheid betref nie.

Mr. VIDEO bedank sy klante vir hul volgehoue steun. Hierdie feestyd word die beste toegevoegde waarde aangebied: Van 2 Desember sal ’n mens ’n groot pak Willards-peuselhappies gratis kry wanneer jy twee nuwe uitreikings uitneem (terwyl voorraad hou).

Moenie hierdie aanbod misloop nie. Jy kan selfs vier nuwe uitreikings uitneem en twee pakke kry.

willards-poster-landscape-4-afr-2

’n Paar van die titels wat oor die feestyd gehuur kan word, sluit in:

[post-slider]

Onthou ook om vir die kleinspan iets te kry. Die Buddy Boxes bied groot pret, plus ’n gratis kinderfliek van Mr. VIDEO se kindervermaakrakke. Dit is ook ’n koel idee vir kinderpartytjies.

buddy-single-afrikaans-copy

Volg Mr. VIDEO op Facebook en Twitter om op hoogte te bly van nuwe uitreikings en koel kompetisies. Jy kan ook ons webtuiste besoek by www.mrvideo.co.za.

Vermaaklik Die Uwe,

Mr. VIDEO