Nou is jou kans om jou drome vlerke te gee en te wen!

Hoërskoolleerders word genooi om ’n video te maak om ons te wys hoe groot hulle droom. Stel jou talent ten toon, sorg dat dit afgeneem word en laai dit op sosiale media met die hutsmerk #droomgroot17.

Jy kan ’n prys van R10 000 losslaan waarmee jy jou jouself een tree nader aan jou droom kan bring.

Die wedstryd is oop vir leerders tussen graad 8 en graad 12 en jou video kan op enige sosiale netwerk soos Instagram, Facebook of Twitter gedeel word, solank dit die #droomgroot17 hutsmerk byhet.

Hou Afrikaans.com op YouTube dop om al die inskrywings te sien.

Laai die video op sosiale media en merk (oftewel tag) Afrikaans.com in jou inskrywing sodat dit raakgesien word.

Gaan kyk ook na Afrikaans.com se muurkunsprojek, waar deelnemende skole in die Wes-Kaap se skoolmure opgetower word om kinders te bemoedig. 
Afrikaans.com se #droomgroot17-wedstryd is oop vir leerders tussen graad agt en graad twaalf en skop op 1 Julie af. Inskrywings sluit op 30 September. Besoek Afrikaans.com se webtuiste vir meer inligting.

Die voltooide kunswerk op die muur.