Teen hierdie tyd het jy al gehoor van dié lekkerste bymekaarkomplek in Afrikaans - Afrikaans.com! Dis hier waar verskillende organisasies en mense wat Afrikaans lééf en liefhet, kan saamkom, inligting deel, pret hê en meer van mekaar ontdek.

Hier is 5 top-kuierplekke op Afrikaans.com:

1. Raai die woord raak en WEN!

Elke week verskyn 'n oulike raaisel-illustrasie deur die bekende Idees Vol Vrees-illustreerder, Kobus Galloway. Die leidraad sal jou help om te raai watter woord uitgebeeld word sodat jy in aanmerking kan kom vir die weeklikse trekking. Neem deel en wen!

Kobus Galloway vir Afrikaans.com

2. Trivia

Afrikaners is plesierig  . . . so kom geniet jouself op die Trivia-afdeling onder Ontspan.

Kyk of jy die korrekte Afrikaans vir hierdie woorde kan raai.

Afrikaans.com - wat is die regte Afrikaanse woordAfrikaans.com - wat is die korrekte Afrikaanse woord

Ken jy die betekenis van hierdie raakvat-uitdrukkings? En het jy nog wat jy wil deel met die Afrikaans.com-gemeenskap?

Afrikaanse raakvat-uitdrukkingsAfrikaanse raakvat-uitdrukkings

Afrikaanse idiomeAfrikaanse idiome

3. Inspirerende woorde

Wie het dan nie gereeld 'n goeie dosis inspirerende woorde nodig nie? In hierdie afdeling - ook te kry onder Ontspan op die navigasie - is 'n versameling prentjies met woorde wat jou sal bybly. Dit sluit als van lirieke van jou gunsteling Afrikaanse liedjies tot bekendes se sêgoed en inspirerende gesegdes in. Laai dit maklik af en deel met vriende en geliefdes op sosiale media of sommer in 'n e-posboodskap.

Inspirerende Afrikaanse woorde 20170328110259_pr612-dagbreek-trust-inspirerende-woorde4

4. Vir onnies en ouers

Onder Afrikaans.com se Lekker leer-afdeling is 'n skatkis van hulpbronne vir onderwysers én ouers. Gaan klop daar aan vir 'n nuttige lys hulpmiddele - van lesplanne tot vraestelle vir hersiening. Daar is skakels na Afrikaanse speltoetsers, tweetalige woordeboeke, leeshulp-webtuistes en soveel meer. Gaan ontdek gerus self hoe jy leer lekker kan maak.

5. Die inspirerende Afrikaans.com-muurprojek

Afrikaans.com se muurskildery-projek

Die doel van die muurkunsprojek is om die skoolomgewing mooi en inspirerend te maak, kinders se verbeelding vlerke te gee en hulle sodoende aan te moedig om Afrikaans met passie en oorgawe te geniet en te gebruik.

Kom kyk self hoe Afrikaans.com se muurkunsprojek inspireer  #droomgroot