Die Derde Wêreldkonferensie oor Landbou-, Voedsel- en Voedingsekerheid en Klimaatsverandering word van 3 tot 5 Desember 2013 gehou in Emperors Palace in Kempton Park.

Jy wonder seker wat dit met jou te doen het?

Ons dink dalk voedselsekerheid gaan net oor ’n ekonomiese gespog deur instellings, voedselwetenskaplikes en liefdadigheidsorganisasies. Tog wys regerings daarop honger is beslis een van die grootste struikelblokke in die pad van ontwikkeling, vooruitgang, voorspoed en vrede in die wêreld.

Hoe ons as individuele verbruikers ons kos benader, is soos om ’n klippie in ’n dam te gooi. Dit kan rimpels veroorsaak in die wêreld se voedselreserwes, wat ál wyer uitkring.

Daardie rimpels kan ’n vernietigende tsoenami word ten opsigte van ons vermoë om onsself op langtermyn ekonomies en liggaamlik aan te hou voed. Dit kan stopgesit word as elkeen van ons meer bewus raak van hoe ons oor kos dink, en ons slegte gewoontes verander. Die wêreldbevolking neem vinnig toe; ons voedselvoorrade hou nie by nie.

Daar is natuurlik baie redes hiervoor, insluitende swak landboupraktyke en ’n onvoorspelbare klimaat. Twee groot redes is onverskilligheid en vermorsing in huishoudings.

Hier is 12 maniere waarop jy ’n verskil te maak:

  1. Raak beter ingelig oor die kos wat jy eet en waar dit vandaan kom. Eet kos wat in seisoen is. Dis goedkoper omdat dit minder energie verg vir berging en vervoer. Moenie ’n vraag na vir buiteseisoenprodukte skep nie.
  2. Vermors minder kos en ondersteun ondernemings, restaurante en organisasies wat dit ook doen.
  3. Ondersteun plaaslike produsente. Dit verseker sterker voedselproduksie en beter vaardigheid, en verminder vervoer- en bergingskoste en energieverbruik. Dit verlaag pryse, skep werk in plaaslike gemeenskappe en maak voedsel meer toeganklik. Jy kan ook maklik jou eie groente plant. Dit sal jou geld bespaar, jou kinders ’n waardevolle vaardigheid leer en beter smaak omdat jy dit self gekweek het. Jy kan die geld wat jy bespaar, gebruik om voedsel te koop wat jy nie self kan kweek nie.
  4. Hou jou koelkas skoon en gesond. Gaan die deurseëls na sodat jy nie energie vermors nie, en maak seker die temperatuur is reg gestel. Voedsel behoort teen tussen 1 en 5 °C geberg te word vir optimale varsheid en leeftyd.
  5. Moenie weggooi nie. Vrugte wat op die punt staan om sag te word, kan gebruik word in melkskommels, vrugteroomysdrankies of vrugtepasteie. Maak sop, wat gevries kan word, van groente wat begin verwelk.
  6. Koop net wat jy nodig het. Koop los vrugte en groente en nie verpaktes nie. Hoeveel moet jy koop (porsiegroottes, ens)? Stel ’n dagboek op vir ’n week, en teken aan wat jy eet en weggooi; gebruik dit wanneer jy weer kos koop. So kan jy eet soos altyd, maar dalk ook baie bespaar.
  7. Maak kompos. Sommige afvalkos is onvermydelik. Kompos gee ryk, waardevolle voeding vir jou tuinplante.
  8. Herwin. Kom ons wees eerlik: Suid-Afrikaners is nie baie goed hiermee nie. Tog verminder dit beslis vermorsing. Haal die glas-, plastiek- en papierprodukte uit jou vullis en neem na herwinningsplekke. Daar behoort een naby jou te wees; dit raak ól gewilder by skole.
  9. Bemeester die kuns van inlê sonder om uithangerig te probeer wees. Vind op die internet uit hoe maklik dit is om komkommers of kool vir suurkool te piekel. Gepekelde kos kan langer as ’n jaar in ’n yskas hou.
  10. Volg die beginsel van EIEO: Eerste in, eerste uit. Wanneer jy jou kruideniersware uitpak, skuif die ouer produkte vorentoe en bêre die nuwes agter in die yskas, kas of spens. Jy sal dan meer geneig wees om produkte voor hul vervaldatum te gebruik.
  11. Verstaan vervaldatums. Dit het minder te doen met kos en meer met kossekerheid, en met die vervaardigers se voorgestelde datum vir beste kwaliteit. As dit behoorlik geberg word, sal die meeste voedsel (selfs vleis) nog enkele dae lank ná die vervaldatum vars bly. As dit reg lyk, smaak en ruik, behoort dit reg te wees om te eet. As dit hare gekry het of begin beweeg, raak ontslae daarvan. Vinnig.
  12. Skenk wat jy nie gebruik nie. Daardie vergete blik bone? Skenk dit aan ’n sopkombuis, weeshuis of liefdadigheidsorganisasie voor dit verval sodat iemand wat dit nodig het, dit kan eet.

Vir nog inligting oor voedselsekerheid, besoek http://afcconference.agric.za of bel Wilfred Alcock op 012-427-9706

Lees ook:

Spaar vandag, spaar more