PROMOSIE

Die gewilde Amerikaanse kookwerklikheidsprogram Top Chef begin sy eerste Suid-Afrikaanse seisoen Dinsdag 12 Julie om 8 nm. op SABC3.

Top Chef South Africa Logo
Top Chef is ’n program sonder draaiboek waarin 14 sjefs sake met mekaar uitspook in kookuitdagings om die titel te wen. Die Emmy-bekroonde reeks is die eerste keer in 2006 in Amerika uitgesaai en is nou in 21 gebiede op die lug, onder meer in Frankryk, Spanje, Pole, Mexiko, die Midde-Ooste en Viëtnam.

Die reeks word vervaardig deur Urban Brew Studios wat die Top Chef-regte in Suid-Afrika gekoop het. Trish Taylor, uitvoerende beampte van Urban Brew Studio’s, sê: “Ons is trots daarop dat ons die plaaslike weergawe van die supersuksesvolle internasionale werklikheidsreeks vervaardig en kykers kan dieselfde topgehalte-produksie as die oorspronklike program verwag.”

Top Chef South Africa volg dieselfde formaat as die oorspronklike reeks en kykers kan uitsien na blitsvinnige snelvuuruitdagings, naelbyt-uitklopuitdagings en die gevreesde beoordelaarstafel. In elke aflewering sal een of meer sjefs hoor hulle moet hul messe pak en huis toe gaan.

[caption id="attachment_131278" align="alignnone" width="600"]Veertien sjefs ding mee om die groot prys en die eer om as SA se eerste Top Chef bekroon te word. Veertien sjefs gaan meeding om as SA se eerste Top Chef bekroon te word.[/caption]

Die 14 sjefs wat meeding om die groot prys, is: Devin Gregory Hogan, hoofsjef en eienaar van SMAK Delicatessen en Restaurant in Kaapstad; Annemarie Robertson, uitvoerende sjef by Burrata, Bocca & Open Door in Constantia; Hezron Louw, mede-eienaar en sjef by die Sumting Fresh Food Bus en Gourmet Street Food Company; Kerwin Buckley, hoofsjef by Durban se St. James on Venice-boetiekhotel; Martine Christian, uitvoerende sjef by Escondido Tapas in Johannesburg; Tsholo Mbele, ’n sakekonsultant van Gauteng; Thembo Tebogo Buwati, sous sjef by La Mouette in Kaapstad; Ayabonga Gope, wat by The Deck House in Kaapstad werk; Sachin Gosai, hoofsjef by The National in Parktown-Noord, Johannesburg; Phillip Nel, chef de partie by Rust en Vrede op Stellenbosch; Paddy Khuele, sjef by Thrive Cafe in Vilikazistraat, Soweto; Kim Crystal Clement, eienaar van Urban Eatery en Central Pizza in Pretoria; Lebogang Mpuang en Linda Nirina Mazibuko, mede-eienaars van Blackcurrant Food Concepts, ’n konsultasie-en-opleidingsmaatskappy vir geleenthede en spyseniering.

[caption id="attachment_131280" align="alignnone" width="600"]Hoofbeoordelaar, Neill Anthony (links) saam met die aanbieder, Lorna Maseko en die mede-beoordelaar, Lesego Semenya. Hoofbeoordelaar, Neill Anthony (links) saam met die aanbieder, Lorna Maseko en die mede-beoordelaar, Lesego Semenya.[/caption]

Aan die beoordeelaarstafel sit hoofbeoordeelaar Neill Anthony, ’n TV-persoonlikheid en gastronomieghoeroe wat al saam met Gordon Ramsay and Alyn Williams gewerk het.

Sy uitgebreide koskennis en ongelooflike kookvaardighede maak hom warm nuus in enige kombuis. Langs hom sit een van die land se mees opwindende sjefs, Lesego Semenya, wat verlede jaar M&G se lys van top-200 jong Suid-Afrikaners gehaal het.

Hy is ’n sosialemediasensasie en iemand om mee rekening te hou in die kombuis. Hy is pynlik eerlik wanneer hy koskritiek lewer en sy kombinasie van vaardighede is belangrike bestanddele vir enige Top Chef-beoordeelaar.

Lorna Maseko bied die nuwe reeks aan. Trish Taylor sê: “Hierdie dinamiese aanbieder van Top Billing-faam was absoluut die ooglopende keuse. Haar liefde vir kos, haar verfynde palet en haar gemaklike elegansie maak haar die perfekte keuse vir Top Chef SA.”

Kykers kan die program op sosiale media volg met die hutsmerk #SABC3TopChefSA

Facebook: Top Chef SA

Instagram: @topchefsa

Twitter: @TopChefSA