PROMOSIE

600x450new-nuwe-theuns

As jy graag kampeer, stap, jag, bergfietsry of bergklim en met jou geliefdes in verbinding wil bly, is die Blackview BV6000 net wat jy nodig het.

Die foon is waterbestand en het ’n IP68*-gradering. Dit is skokbestand en die Gorillaglas-skerm sal jou nie in die steek laat nie. Met plek vir twee simkaarte sal jy die beste dekking geniet en met ’n 13MP agterste kamera en 32GB ingeboude geheue kan jy na hartelus foto’s neem.

Die 3GB RAM sorg dat alles seepglad verloop. GPS, A-GPS en GLONASS sal jou help koers- en kophou terwyl jy met WiFi en Bluetooth kan verbind. Die battery sal jou 14 uur aaneenlopende gebruiktyd gee.

In bystandmodus sal die 4 500 mAh-battery 280 uur hou. Jy sou dink die foon is ’n swaargewig, maar dit weeg net 247 g. Kies uit drie kleure: Sunshine Yellow, Violet Black en Army Green. Die fone is in Suid-Afrika en Namibië beskikbaar.

Vir R4 999 kan die foon joune wees om saam te neem op al jou ekspedisies. Verskeie finansieringsopsies is beskikbaar. Koop jou Blackview BV6000 by www.ruggedsa.co.za of bel 087-550-9908.

Kyk na al die produkte wat Rugged SA bied op hul Facebook-blad of webtuiste. Van kameras en fone tot toebehore en bykomstighede – as jy dit in die buitelug gaan nodig kry, sal jy dit hier kan aanskaf.