PROMOSIE

“Ongelooflike briljantheid”Daily Telegraph

“Asemrowend” – Evening Standard

“Die skouspelagtigste teaterstuk op die verhoog”The Times

Die fenomenale Shaolin-monnike keer vir die eerste keer in ses jaar, ná hul wêreldbekende toer Wheel of Life en Kung Fu Masters, terug na Johannesburg met ’n uitstekende nuwe vertoning, getiteld SHAOLIN.

Twintig Shaolin-monnike sal op die verhoog hul krygskuns-vernuf in ’n asemrowende vertoning demonstreer. Dit begin met twee weke lange vertonings in die Teatro by Montecasino van 28 Junie tot 10 Julie 2016 vir ’n uiters beperkte seisoen wat net deur Channel24 aangebied word.

Kaartjies is te koop by Big Concerts of Computicket.

Die Shaolin-monnike, direk vanaf die fabelagtige Shaolin-tempel in die voorheuwels van die Song Shang-bergreeks in China se Henan-provinsie, maak ’n opwindende terugkeer na Johannesburg om hul outentieke krygskuns-vernuf te demonstreer.

SHAOLIN is die toppunt van fisieke bekwaamheid in teatervorm. Die span van 20 voer “bomenslike” toertjies uit. Tradisionele Shaolin-kung foe word gekombineer met volmaakte choreografie met dramatiese beligting en klank wat die gees van hul tradisies in een asemrowende vertoning oproep.

Die Shaolin-tempel is die geboorteplek van kung foe. Dit is die heel beste Shaolin-kung foe-kenners op aarde en hulle het kragte saamgespan om ’n vertoning te skep wat enige voriges sal oortref.

Die vertoning sal gehore op ’n onverskrokke reis deur die mistieke geskiedenis van hierdie antieke krygskuns neem en ook die pragtige bewegings van Chi Gong & Tai Chi met skouspelagtige wapens en gevegsdemonstrasies uitbeeld.

SHAOLIN beeld die geskiedenis, filosofie en geskiedenis van die Shaolin-monnike uit in ’n outentieke en skouspelagtige vertoning en illustreer op intense wyse die kung foe-meesters se behendigheid, krag en vaardighede wat weinig gesien word, deur die gebruik van Boeddhistiese meditasie en strawwe opleiding in krygskuns.

Die Shaolin-monnike is die meesters van kung foe: Boeddhistiese soldaatmonnike wat verdedigende krygskuns oor ’n tydperk van 15 eeue tot op ’n seldsame en skouspelagtige wyse vervolmaak het. SHAOLIN beeld die bykans wonderbaarlike prestasies van fisieke uithouvermoë uit – ’n uiterlike uitdrukking van innerlike vrede, harmonie en ’n ysere wil.

Die Shaolin-monnike word op verskerpte spiese opgelig, breek marmerblaaie met hul koppe, doen handstane op twee vingerpunte, versplinter houtplanke met hul lywe, breek bakstene met hul koppe en vlieg in ’n reeks ongelooflike agteroorsalto’s deur die lug.

SHAOLIN, ’n skouspel met indrukwekkende agtergronde, dramatiese musiek en ’n verruklike produksie, sal die ryk woordeskat van die Chinese teater, die tradisionele ikonografie van Oosterse Boeddhisme en die tegniese gesofistikeerdheid van die kontemporêre musiekarena kombineer. Maar die kern daarvan is die ongelooflike vaardighede van die monnike self.

Dit is ’n opwindende vertoning wat jy moet sien om te glo!

[post-slider]

Toer-inligting: SHAOLIN

Datum: 28 Junie – 10 Julie 2016 – beperkte twee weke

Venue: Teatro by Montecasino, Johannesburg

Spitstye: Vrydag, Saterdagaand en Saterdag- en Sondagmiddae

Nie-spitstyd: Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Sondagaand

Kaartjiepryse:

Spitstyd: R395 – R565

Nie-spitstyd: R285 – R450

Kaartjies is te koop by Big Concerts of Computicket.