Drie van dié pragtige vroue het die hoogste sport in dié bedryf bereik toe hulle as Mej. Wêreld of Mej. Heelal gekroon is.

[caption id="attachment_66557" align="aligncenter" width="600"]Margaret Gardiner, Mej Heelal 1978, van Suid-Afrika, was 'n 19-jarige model toe sy die titel van Mej Heelal gewen. Margaret Gardiner, Mej Heelal 1978, van Suid-Afrika, was 'n 19-jarige model toe sy die titel van Mej Heelal gewen.[/caption]

Mavis Alexander is in 1925 as die eerste Mej. Suid-Afrika gekroon. Dit was dit nie ’n amptelike titel nie, maar net ’n landwye soektog na die mooiste vrou. Van toe af het dié skoonheidswedstryd ’n onlosmaaklike deel van Suid-Afrika geword, en honderde slim en pragtige vroue van dwarsdeur die land gelok wat om die gesogte titel meegeding het.

Die eerste Mej. Suid-Afrika-wedstryd het in 1956 tot stand gekom toe Die Landstem, destyds ’n landwye Afrikaanse koerant, die regte bekom het om ’n afgevaardigde na Londen te stuur om aan die Mej. Wêreld-wedstryd deel te neem. Tesame met die Sunday Times is die eerste amptelike Mej. Suid-Afrika-wedstryd gereël waartydens ’n deelnemer vir Londen gekies is. Dit was Norma Vorster, die eerste amptelike Mej. Suid-Afrika.

Penny Coelen is twee jaar later, in 1958, as Mej. Suid-Afrika gekroon en sy is ook as Mej. Wêreld aangewys. In 1974 het Anneline Kriel die tweede Mej. SA geword wat die Mej. Wêreld-titel gewen het. Margaret Gardiner, Mej. SA 1978, was tot dusver ons enigste Mej. Heelal.

In 1970, tydens apartheid se hoogty, het twee Suid-Afrikaners om die Mej. Wêreld-titel meegeding: ’n wit Mej. Suid-Afrika (Jillian Jessup) en ’n swart Mej. Suid-Afrika (Pearl Jansen). Pearl was die eerste prinses en Jillian vierde.

Suid-Afrika is tussen 1978 en 1990 verbied om aan Mej. Wêreld deel te neem, maar die land is in 1991 hertoegelaat, en Diana Tilden-Davis, wat as Mej. SA aangewys is, was die tweede prinses in die Mej. Wêreld-wedstryd.

Amy Kleinhans was in 1992 die eerste bruin Mej. Suid-Afrika en Jacqui Mofokeng in 1993 die eerste swart Mej. Suid-Afrika.

Mej. SA is in die vroeë jare deur twee nasionale koerante geborg, die Sunday Times en Rapport. Sun International het betrokke geraak in 2000 as die amptelike lisensiehouer. Cell C het vanjaar vir die eerste keer as hoofborg aangesluit.

[video width="640" height="360" mp4="http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/02/Cell-C-Feel-Good-TVC-FINAL-smaller-29.01.141.mp4"][/video]