PROMOSIE

[caption id="attachment_139144" align="alignnone" width="601"]Lesego Semenya, Luke Dale-Roberts, Lorna Maseko en Neill Anthony. Lesego Semenya, Luke Dale-Roberts, Lorna Maseko en Neill Anthony.[/caption]

In die slotaflewering kom Annemarie Robertson, uitvoerende sjef by Burrata, Bocca en Open Door, te staan teen Ayabonga Gope van The Deck House in Kaapstad. Hulle ding mee om die gesogte titel van Suid-Afrika se heel eerste Top Chef en R100 000 kontant.

[post-slider]

Die twee ervare sjefs moet binne vier uur die beste viergang-maaltyd van hul loopbaan berei. Daar is ook ’n interessante kinkel, want die uitgeskakelde sjefs maak weer hul opwagting.

Een van Suid-Afrika se bekendste sjefs en eienaar van The Test Kitchen in Kaapstad, Luke Dale-Roberts, is gasbeoordelaar saam met die gereelde beoordelaars Lesego Semenya, Neill Anthony en Lorna Maseko in die slot.

Moenie die spanning, aksie en opwinding misloop nie. Kyk saam hoe die wenner gekroon word! Hier is 'n spesiale voorskou:

Skakel in op SABC3 om 20:00 op Dinsdag 4 Oktober 2016 vir die eindronde.

Kykers kan die program op sosiale media volg by:

Facebook : TopChef SA

Instagram : @topchefsa

Twitter: @TopChefSA

#SABC3TopChefSA

Die plaaslike weergawe van die hoogs suksesvolle Amerikaanse reeks deur NBC Universal International Format word vervaardig deur Urban Brew Studios.