Het jy ’n passie vir lekker kos? Vertel ons meer en jy kan dalk Samsung produkte ter waarde van R450 000 losslaan.

r1
'Agter elke weglê-gereg is ’n storie.'

Agter elke weglê-gereg is ’n storie.

Of dit nou jou ma se skaapboud, jou ouma se hoenderkerrie of jou wederhelf se spaghetti bolognese is, daar is niks beter as ’n geurige gereg om herinneringe van gelukkige dae en samesyn op te roep nie.

Soms is daardie eerste hap al wat jy nodig het om te onthou hoe jy ’n smaaklike bord kos saam met ’n geliefde geniet het ure lank om die kombuistafel gekuier het of ’n familiegeselligheid bygewoon het.

Samsung verstaan en daarom gee hulle met die ‘For the Love of Food’ veldtog pryse ter waarde van R450 000 weg.

Al wat jy moet doen om deel te neem, is om jou resep en die storie daaragter op theloveoffood.co.za te laai. Nie net kan jy innoverende Samsung produkte wen nie, die Samsung-ambassadeur, Reuben Riffel, berei dalk jou resep op televisie voor!

Reuben is bekend vir sy passie vir kos. Boonop kan ’n mens nie help om geïnspireerd te voel wanneer jy luister na die stories rondom sy geurige resepte nie.

Hy vertel, “Ons het een keer per jaar kreef geëet. My ma het dan kerrie gemaak met die koppe en die geur van die sous was altyd ongelooflik. En dis vandag nog so. Ek hou eintlik nie van die kreefstert nie en verkies steeds die stryd met die koppe, waar jy sukkel om by die soetvleis uit te kom.”

Hierdie resep en nog vele ander is beskikbaar by theloveoffood.co.za, waar jy jou eie resep kan inskryf.

Daar is ses kategorieë: Resepte met ’n braai-element, nageregte, deftige vingeretes, vis en ander seekos, vinnige happies en stadige kookgeregte.

Skryf so in:

Gaan na theloveoffood.co.za, skryf jou resep in en deel jou storie. Jy kan ook ’n foto van jou gereg byvoeg of die persoon of geleentheid wat daartoe aanleiding gegee het.

Die kompetisie sluit 22 Maart 2015, so maak seker jy sluit betyds by almal aan wat smaaklike resepte vol tradisie deel. Ons kan nie wag om al jul stories te hoor nie!

KLIK HIER vir inspirasie en om te sien hoe Reuben die kombuis rooiwarm kook.