Dis jóú aand, so maak seker jy dra ’n rok wat ’n stylstelling en ’n half maak. Kleur met impak, sensasionele snitte en betowerende detail verseker ’n onvergeetlike geleentheid.

Wild en wakker

3.6_11 Dra ’n kort toppie by ’n tulle-romp met hope volume vir ’n styl wat eie is aan ’n punk-prinses! Dis deesdae hoogmode om die romp so hoog moontlik te dra sodat net ’n dun strokie van jou vel te sien is. KLIK HIER om die rok by Spree te koop. Dra ’n donker lipstif daarby.

Uitklop-mode

3.4_41

Laat die kleur die praatwerk doen met ’n rok in ’n eenvoudige snit. Dra dit met plat skoene vir somertroues en ander groot geleenthede in die son. KLIK HIER om die rok by Spree te koop.

Sterstyl

3.10_97

Dié rok het oorgenoeg trefkrag. Die deursigtige insetsel verleen ’n tikkie drama aan ’n elegante halslyn, terwyl die vol romp die prentjie afrond. KLIK HIER om die rok by Spree te koop.