PROMOSIE

Avène het die afgelope paar jaar heelwat kinders met ernstige ekseem geborg om behandeling te ontvang by hul hidroterapiesentrum in Avène, Frankryk, en die resultate was uitstekend. 

[caption id="attachment_126129" align="alignnone" width="600"]xx Avène het die afgelope paar jaar heelwat kinders met ernstige ekseem gehelp om hul veltoestand merkbaar te verbeter.[/caption]

Al die kinders se veltoestand het merkwaardig verbeter. Met die volgehoue gebruik van Avène-produkte het die kinders (en selfs hul gesin) se lewe verander.

Om hul eerste herdenking in Suid-Afrika te vier, het Avène R10 van elke Eau Thermale Avène-produk wat in Maart en April verkoop is, geskenk om ’n Suid-Afrikaanse kind Frankryk toe te stuur en te voorsien van ’n jaar se produkte.

Matthew Ketcher (9) van Randburg se ekseem het op vyf maande begin. Sy ma, Zillah, vertel dat sy vel in die winter droog en skilferagtig was en dit het die ekseem vererger, en in die somer het sweet dit laat opvlam.

“Selfs wanneer dit met kortisoonrome onder beheer was, was die ekseem steeds daar,” sê sy. In 2014 het ’n verteenwoordiger van Avène haar genader en Matthew behandeling in Frankryk aangebied. Ná drie weke het ’n dermatoloog bevind daar is ’n 40-persent-verbetering in sy veltoestand. Ses maande later het ’n onafhanklike dermatoloog bevind hy is so te sê genees.

[caption id="attachment_126130" align="alignnone" width="600"]Matthew Ketcher (9) Die negejarige Matthew Ketcher van Randburg het ekseem vandat hy vyf maande oud is. Hy het in 2014 Avène-behandeling begin ontvang en na net drie weke het ’n dermatoloog ’n 40-persent-verbetering in sy veltoestand opgemerk.[/caption]

“Matthew se ekseem is nou amptelik in remissie. Hy slaap beter, konsentreer beter en het meer selfvertroue. Avène het nie net sy lewe verander nie; dit het ons hele gesin se lewe verander, “sê Zilla.

Om vel-irritasie in die somer te voorkom, gebruik Eau Thermale Avène Thermal Spring Water-sproei.

Nirvana Borrageiro (9) was twee jaar oud toe haar ma gedink het sy het ’n ringwurm. Toe die gewone behandeling nie daarvan kon ontslae raak nie, is ekseem gediagnoseer. Haar ma, Traci, het dadelik ’n kuur begin soek.

“Ons het alles probeer: van diëte en rome tot homeopatie en UV-behandelings. Alles het dit net vererger,” sê Traci.

[caption id="attachment_126132" align="alignnone" width="600"]Nirvana is in 2014 gekies vir behandeling by die hidroterapiesentrum. Sedertdien het sy nie weer winter-ekseemaanvalle gehad nie en is sy op haar gelukkigste. Nirvana het in 2014 behandeling by Avène se hidroterapiesentrum ontvang. Sedertdien het sy nie weer winter-ekseemaanvalle gehad nie en is sy op haar gelukkigste.[/caption]

Nirvana is in 2014 gekies vir behandeling by die hidroterapiesentrum. Sedertdien het sy nie weer winter-ekseemaanvalle gehad nie en is sy op haar gelukkigste. Sy dra ’n buisie Avène Cicalfate-room in haar skoolsak saam, net ingeval.

Behandeling by die hidroterapiesentrum was ook die oplossing waarna Alisha Naidu (13) saam met haar ouers gesoek het. Haar ekseem het begin toe sy een jaar oud was. Die dokters was aanvanklik oortuig dat sy dit sou ontgroei, maar dit het net vererger hoe ouer sy geword het. Sy was elke twee weke in die hospitaal en wanneer sy wel skool toe kon gaan, is sy genadeloos geboelie oor haar vel.

Avène het alles verander. Alisha se vel het goed herstel met die behandeling en haar vel het mettertyd sag en glad geword. Sy weet die regte aanwending van die Avène help haar en hou haar vel glad.

[caption id="attachment_126133" align="alignnone" width="600"]Avène het alles verander. Alisha se vel het goed herstel met die behandeling en haar vel het mettertyd sag en glad geword. Avène het alles vir Alishia verander. Haar vel het goed herstel met die behandeling en haar vel het mettertyd sag en glad geword.[/caption]

Haar ma, Rooksana, sê Avène het Alisha ’n tweede kans in die lewe gegee. “Sy kan aantrek soos enige tiener en mooi rokke dra wat ’n bietjie vel wys.”

Gebruik Eau Thermale Avène TriXèra Cleansing Gel om jou gesig en nek te was sonder irritasie.

Vir meer oor Matthew, Nirvana en Alisha se verhaal, kyk hierdie video:

Vir nog inligting oor die produkte en die kinders wat daardeur gehelp is, gaan loer hier.