Bennie Griesel het al bespreek, so sorg dat jy ook op die boot is wanneer Deon Meyer sy nuutste boek, Die Vrou met die Blou Mantel, bekendstel.

Tydens hierdie heerlike langnaweek op die oseaan sal jy die kans kry om interessante gesprekke en interaktiewe sessies by te woon waartydens Deon Meyer oor sy verskillende boeke sal praat en oor die skryfproses self. Daar sal ook ’n regstreekse voorlesing van sy nuwe boek wees wat eksklusief tot die bootvaart is. 

Kompetisies en gelukstrekkings sal gehou word. 

Jou vaartgeskenkpak sal geskenke insluit wat jou vir die duur van die vaart sal vermaak. 

Gaste sal ook kan deelneem aan die gewone MSC-vermaak wat disko’s, bingo-geleenthede, jazz-aande, kabaret-vertonings in die amfiteater, dekpartytjies en meer insluit! 

WAAR? Drie nagte en vier dae tussen Durban en die Portugese Eilande. 

WANNEER? 17 tot 20 November 2017

HOEVEEL? Pryse vanaf R4 500 per persoon wat deel (binnekajuit) op die MSC Sinfonia

WAT KRY EK? Pryse sluit in verblyf, vier etes per dag op die skip, water, sap en koffie op spesifieke tye en plekke, alle vermaak insluitend daaglikse musiekvertonings in die amfiteater en daaglikse skrywersgeleenthede met Deon Meyer!

Klik hier om jou plek te bespreek.

Aangebied deur NB-Uitgewers en Huisgenoot.