PROMOSIE

600x450

Bekendes, sportaanhangers en gesinne van die Wes-Kaap sal van 24 tot 26 Maart vir ’n naweek van groot vermaak bymekaarkom.

’n Groot kindergebied en hindernisbaan sal vir pret vir jonger kinders sorg, terwyl ontluikende sportsterre ’n kans sal kry om hul slag met ’n kolf of bal te wys, of om meer onbekende sportsoorte vir die eerste keer te probeer.

Daar sal ook tradisionele gunstelinge wees, soos rugby, gholf, fietsry, krieket, sokker, tennis, netbal, muurbal, atletiek, swem en hokkie. Die meer ongewone sportsoorte sluit in: FMX/BMX, trampolien en parkour, hommeltuigresies, The Grind-hindernisbaan, verfbal, boogskiet, dodgeball en watersport.

Kostrokke op die terrein sal vir honger mae sorg. Ook sal daar biertente en ’n musiekverhoog wees. Sowat 4 500 m² van die 50 000 m² sal aan uitstallers toegewys word, met twee hoofsale wat sporttoerusting en innoverende tegno-toestelle soos gesondheid- en fiksheidsmonitors, hommeltuie en opspoorders, sportdata-ontleding en vele meer verkoop.

Die hekke sal die naweek van 09:00 tot 18:00 oop wees. Toegang kos R150 (volwassenes), R80 (kinders) en R200 (naweektoegang).

’n Gesinskaartjie kos R350 vir twee volwassenes en twee kinders onder 18 jaar. Toegang is gratis vir kleuters jonger as drie jaar.

Koop nou jou kaartjies!