Ons almal weet dat gereelde etes die beste manier is om kosdrange te beheer omdat dit jou bloedsuiker help om stabiel te bly.

As jy egter heeltyd opsoek is na iets om aan te knibbel, veral gedurende die kouer wintermaande, gaan jy dalk ’n ietwat...  umm, swaarder jy in die lente sien. “Maak liewer ’n koppie tee voor jy weer na ’n ongesonde peuselhappie gryp. Ons het ’n groot verskeidenheid heerlike tees in ons Herbex-reeks wat sal help om die eetlus te demp.

Dit sal jou nie net warmer laat voel nie, maar jy sal baat vind by die ekstra gewigsverlieskenmerke! Soos hulle sê: somerlywe word in die winter gemaak”, sê Bemarkingsbestuurder Nichelle Swanepoel.

Herbex Slimmers Fat Burn Tea-formule is ’n doeltreffende kombinasie van 6 kruie wat gewigsverlies aanhelp omdat dit gebergte vette verbrand. Gereelde gebruik sal jou help om ’n vietse lyf te kry en van jou voorkoms te hou. Herbex Slimmers Fat Burn Tea is te kry in Original, Honey (NUUT) en Lemon & Mint (NUUT).

Ook te kry in die Herbex Tea-reeks:

Herbex Slimmers Detox-tee

Herbex Slimmers Eat-less-tee

Herbex Slimmers Metabolism-tee

HET JY GEWEET?

Kortom, metabolisme is die proses waarin die liggaam organiese materiaal afbreek (soos die kos wat jy eet) en dit omsit in energie wat die liggaamsfunksies aan die gang hou. Jou metabolisme werk heeltyd – of jy nou hardloop, TV kyk of slaap. Die geheim tot gesonde gewigsverlies is om jou metabolisme hoog te hou en meer kalorieë te verbrand as wat jy inneem, maar genoeg sodat jou liggaam steeds gesond funksioneer.

Die Herbex-produkreeks is ’n omvattende reeks aanvullings wat heeltemal natuurlik is, 100 persent veilig is en geen skadelike chemikalieë of bymiddels bevat nie. Alle bestanddele word verkry van gehalteverskaffers regoor die wêreld. Ons beklemtoon dat Herbex-produkte nie beskou moet word as ’n vinnige oplossing tot gewigsverlies nie, maar as ’n program wat ’n gesonde eetplan, oefening en die inname van water en geskikte aanvullings insluit.

Die Herbex Tea-reeks is te kry by Dis-Chem, Clicks, uitgesoekte supermarkte, onder andere PnP, Shoprite, Checkers, Jetmart, Spar en apteke.

www.herbexhealth.com

Herbex_teacup_visual Herbex_teas